13 beseer ná motors bots
2011-12-23 10:45
Durban – Dertien mense is beseer nadat twee motors op die Edendalepad in Pietermaritzburg gebots het, het paramedici in Durban Vrydag gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê nat weerstoestande is een van die oorsake van die ongeluk wat omstreeks 09:30 plaasgevind het.
Volgens Banks is albei voertuie erg beskadig.
Een persoon het kritieke beserings opgedoen. Vier mense is ernstig beseer en agt insittendes het ligte beserings opgedoen. Al die beseerdes is deur nooddienste op die toneel behandel.
Banks het gesê die beseerdes is na verskeie hospitale in die Pietermaritsburg-gebied geneem vir verdere behandeling.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA