13 beseer in ongeluk
2011-11-20 21:01
Kaapstad – Dertien mense, insluitende een kind, het Sondag beserings opgedoen toe ‘n taxi en twee ander voertuie op St James-straat in Westville gebots het.
Die taxi het na bewering met ‘n Audi A3 gebots, waarna die taxi teen ‘n Volkswagen Polo gebots het.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Met ER24 se aankoms op die toneel het 13 mense mediese hulp nodig gehad.
Verskeie ambulanse is na die ongelukstoneel uitgestuur en al die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskeie hospitale in die omgewing geneem is.
Die polisie sal die ongeluk verder ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter