120 polisielede in Gauteng betrek by misdade
2010-12-13 20:09
Johannesburg – Meer as 120 polisiebeamptes is tussen September en Desember in Gauteng in hegtenis geneem omdat hulle na bewering by korrupsie, roof en ander misdade betrokke was.
In die jongste voorval, is vyf polisiebeamptes aangekeer omdat hulle na bewering by 'n rooftog by 'n juwelierswinkel in die Johannesburgse middestad betrokke was.
Twee van die polisiebeamptes is positief met 'n rooftog in Oktober by Northgate verbind waartydens die eienaar van die winkel doodgeskiet is.
'n Woordvoerder van Popcru, Norman Mampane, sê hulle is teleurgesteld omdat lede van die polisie hulle aan misdaad skuldig maak.
Hy sê Popcru se grondwet stel dit duidelik dat hulle lede hulle werk met integriteit en toewyding moet verrig.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter