12 sterf in trompop-botsing
2009-12-14 19:52
Johannesburg - Twaalf mense, waaronder vyf kinders, is dood nadat 'n bakkie en 'n vragmotor in Eston in KwaZulu-Natal trompop gebots het.
Die ongeluk het omstreeks 18:30 op die R603 naby Umbumbulu plaasgevind.
Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, het gesê nog vier mense is ernstig beseer.
"'n Bakkie en 'n vragmotor het vermoedelik Maandagaand gebots en 10 mense het hul lewens in die ongeluk verloor."
Die bestuurder van die bakkie is in 'n kritieke toestand in die hospitaal en twee ander mense het ligte beserings opgedoen.
Die bakkie het op sy dak gelê en dit is nie duidelik hoeveel mense in elk van die voertuie was nie.
Die vragmotor behoort aan Eskom.
– Sapa