12 beseer in ongeluk
2012-01-05 12:00
Johannesburg – Twaalf mense is beseer, waaronder vier ernstig beseer is, tydens ‘n ongeluk tussen ‘n privaat sekuriteitvoertuig en ‘n motor op die N12 naby Xavierstraat Donderdagoggend, het paramedici gesê.
Die wil voorkom of die sekuriteitbakkie – met sekuriteitswagte agterop – teen ‘n ander voertuig vasgery het, het Jeff Wicks van Netcare 911 in ‘n verklaring gesê.
“Met paramedici se aankoms op die toneel het die beseerde wagte van die bakkie afgeklim en hulle het naby dit gelê,” het hy gesê.
Die beseerdes is op die toneel behandel en is daarna na ‘n hospitaal geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA