12 beseer in Noordwes-ongeluk
2011-02-11 17:30
Noordwes – Twaalf mense is beseer, onder wie vier kritiek, toe 'n perd-en-leunwa-vragmotor met 'n vrag lewendige kuikens op die R30 tussen Orkney en Bothaville in die Noordwes omgeslaan het.
'n Woordvoerder van Netcare 911, Jeff Wicks, sê die vragmotor het 'n bakkie met vyf insittendes getref voordat dit omgeslaan en op sy kant te lande gekom het.
Die beseerdes is behandel en op die toneel gestabiliseer voordat hulle in verskeie hospitale en klinieke in die gebied opgeneem is.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA