117 verdagtes by myn vasgetrek
2010-07-10 03:07
Johannesburg – Sowat 117 persone, insluitende onwettige mynwerkers en immigrante, is Vrydag by die verlate St Helena-goudmyn in Welkom vasgetrek, het die polisie in die Vrystaat gesê.
“Hulle is vasgetrek tydens ‘n gesamentlike klopjag tussen die polisie en weermag,” het lt. kol. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, gesê.
Meer as 30 onwettige mynwerkers is in die ou mynskagte gevind. Die ander verdagtes is in die G-losieshuis in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die land was. Sommige verdagtes het ongelisensieerde vuurwapens in hul besit gehad.
Die onwettige immigrante is gedeporteer en die res van die verdagtes sal Maandag in Welkom in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA