116 motoriste vas vir dronkbestuur
2010-04-05 05:15
Johannesburg - Meer as 100 motoriste in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem vir dronkbestuur, het die departement van vervoer gesê.
"116 motoriste is in hegtenis geneem vir dronkbestuur en nege ander is in hegtenis geneem omdat hulle die spoedgrens oorskry het," het Bhekisisa Mncube, 'n woordvoerder, Sondag gesê.
1079 mense is beboet of aangekla omdat hulle sonder 'n rybewys bestuur, 883 omdat hulle sonder sitplekgordels bestuur, 716 omdat hulle ongelisensieerde voertuie bestuur en nog 14 vir roekelose bestuur.
"34 lasbriewe is uitgereik," het Mncube gesê.
Hy het gesê 81 601 voertuie, waarvan 8826 vir spoed, is afgetrek.
– Sapa