11 vas vir onwettige dwelmhandel
2010-04-30 05:43
Johannesburg – Sowat 11 mense is Donderdag vir dwelmhandel in Noordwes in hegtenis geneem, het die plaaslike polisie gesê.
Luitenant Kolonel Lesego Metsi het gesê drie van die mans is in Potchefstroom vasgetrek, terwyl die res in Klerksdorp, waar hulle sake gedoen het, in hegtenis geneem is.
Die polisie het ook beslag gelê op dwelms ter waarde van R50 000.
Drie mans sal na verwagting Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn, terwyl die ander agt verdagtes in Klerksdorp se landdroshof sal verskyn op aanklagte vir die onwettige besit van dwelms.
“Die inhegtenisneming vind plaas na ’n intensiewe ondersoek in die instroming van dwelms en die misbruik daarvan deur lede van die gemeenskap van dié twee dorpe,” het hy gesê.
-Sapa