11 jaar in pyn oor klemtang in buik

2011-08-03 08:25
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Eis van miljoene rande gaan teen ’n chirurg en die Vrystaatse provinsiale regering ingestel word nadat ’n chirurgiese klemtang van 18 cm lank in ’n voormalige Bloemfonteinse verkeersman gelos is.

Die glips is begaan toe hy ’n breukoperasie in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein ondergaan het.

Hennie Muller (61), nou van Midrand, het 11 jaar lank in groot pyn en ongemak met die klemtang teen sy maagwand geloop totdat dit in ’n maagbreukoperasie in ’n hospitaal in Pretoria gekry en uitgehaal is.

Hy het gister gesê hy het onbeskryflike pyn beleef. As hy beweeg het, was dit seer.

“Dit was verskriklik.

“’n Mens besef nie aldag hoe jou maagspiere werk nie. As jy beweeg, trek dit aan jou maag.”

Hy het gesê hy het voorheen gedoen wat hy wou en in sy tuin gewerk.

Ná die operasie in 1998 in die Universitas-hospitaal kon hy nie eens gras sny nie.

Hy was in daardie stadium in Ladybrand, waar hy en sy vrou, Antoinette, ’n onderneming gehad het wat chemiese skoonmaakmiddels verkoop het.

Hy kon die 25 liter-houers eers maklik hanteer. Ná die operasie kon hy nie meer nie.

Weens sy mediese toestand het hy dié onderneming later maar verkoop.

Hy het in ’n stadium vir ’n vriend ’n vragmotor bestuur om groente tussen Johannesburg en Bloemfontein te karwei. Ná drie maande moes hy tou opgooi weens die maagkrampe en -pyne.

Later het hy en sy vrou by sy seun in Pretoria gaan woon waar sy vrou werk gekry het.

“Ek het op ’n ander man se genade gelewe. Ek het probeer werk, maar kon nie.

“’n Mens voel hulpeloos en magteloos. Jy voel gekrenk omdat jy van ander afhanklik is.”

Ná die maagbreukoperasie in November 2009 in Pretoria waarin die klemtang ook verwyder is, gaan dit beter. Daardie erge pyn is weg.

Almal was baie verbaas oor dié vonds wat tydens die operasie na vore gekom het.

Muller is nou ’n koshuis­vader op ’n hoewe in Midrand, waar hy ook woon.

Koos du Toit, van Du Toit-prokureurs in deelgenootskap met Callis-prokureurs, sê Muller se eis word nou na ’n ak­tuaris verwys om die presiese eisbedrag te bepaal.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: hofsake  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... Dis nie aldag dat jy 'n skildery koop waaraan 3 mense 'gewerk' het nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.