11 beseer in taxi-ongeluk
2011-03-04 09:59
Durban – Elf mense is beseer nadat 'n taxi teen 'n motor op die M4-hoofweg in Durban gebots het, het Netcare 911 gesê.
"Die taxi het van agter teen die motor gebots. Erge skade is aan die voorste gedeelte van die taxi aangerig," het Chris Botha, woordvoerder van Netcare, gesê.
Hy het gesê met paramedici se aankoms op die toneel, het hulle bevind dat 11 mense ligte beserings opgedoen het.
Die mense is op die toneel gestabiliseer en na die Addington- en King Edward VIII-hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA