11 beseer in ongeluk op N1
2009-12-30 12:51
Kaapstad - 11 mense is in ‘n ongeluk tussen drie motors in Kuilsrivier op die N1 in Kaapstad beseer, het paramedici gesê.
Tristan Wadeley, woordvoerder vir ER24, het gesê dié ongeluk het vanoggend by die N1-afrit na die Klipheuwelpad in Joostenbergvlakte plaasgevind.
Een van die motors het by ‘n wal afgerol.
“Die beseerdes, insluitend kinders, is behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese hulp,” het Wadeley gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
- Sapa