1050 het reeds op paaie gesterf
2010-01-02 11:13
Kaapstad – Luidens ‘n verklaring wat deur die minister van vervoer uitgereik is het daar reeds sowat 1050 mense op die land se paaie gesterf.
Volgens minister Sibusiso Ndebele is meeste van die sterftes, wat vanaf 1 Desember tot 31 Desember 2009 plaasgevind het, as gevolg van hoë spoed gewees.
Tydens dieselfde tydperk in 2008 het sowat 1348 mense op die land se paaie gesterf.
“Ons kan dit nie bekostig om jaarliks soveel lewens te verloor nie. Ons moet die stryd teen padongelukke wen,” het Ndebele gesê.
Duisende persone is die afgelope feesseisoen in hegtenis geneem tydens die Arrive Alive-padveiligheidsveldtog. Daar is ook sowat 285 000 boetes uitgeskryf aan motoriste wat die spoedgrens oorskry het.
–Sapa