Minder as 1000 misdade by WB-plekke gepleeg

2010-07-15 15:15
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Net minder as 1000 misdade is aangemeld in en om die land se stadions op wedstryd-dae gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.

Die meerderheid van hierdie misdade was diefstal en rooftogte, het Mthethwa aan die media in Pretoria gesê.

‘n Totaal van 704 misdade is buite die stadions gepleeg, terwyl 290 in stadions gebeur het.

“Ons het spesifiek gefokus op misdade binne ‘n 1,5km-radius van sekere plekke,” het Mthethwa verduidelik.

Sowat 1788 misdade is by die jolkolle aangemeld, waar daar sowat 1,2 miljoen sokkergeesdriftiges opgedaag het.

“Hierdie syfers bewys dat sekuriteit goed was,” het hy gesê.

Hy het verduidelik dat die syfers slegs misdade verteenwoordig wat by die polisie aangemeld is en dat daar nie noodwendig ‘n dossier vir elkeen geopen sal word nie.

Van die 1002 dossiere wat geopen is, is 558 sake afgehandel en word die res ondersoek.

Sowat 447 persone is tydens die toernooi in hegtenis geneem, waarvan 181 buitelanders was en 266 Suid-Afrikaners.

Sommige van die buitelanders is reeds gevonnis.

Sowat 44 000 polisiebeamptes is tydens die toernooi regoor die land ontplooi.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: 2010  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

lessy.lester sê... Jy kan dit nie verstaan nie, want jy het 'n BREIN. Jy is INTELLIGENT. Kan nie dieselfde van Cosatu se nie ... vra maar vir Rhoda Kadalie (lees haar nuutste rubriek) Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.