10 in Vrystaat vas vir dagga
2012-01-23 16:57
Johannesburg – Agt mans en twee vroue is naby Ficksburg in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van dagga met ‘n beraamde straatwaarde van R750 000, het die polisie Maandag gesê.
Die polisie het Sondag ‘n wenk ontvang van ‘n groep mense wat sakke dagga op verskillende plase tussen Ficksburg en Rosendal gepak het, het kapt. Phumelelo Dhlamini gesê.
“Toe die amptenare opdaag was die groep besig om 31 sakke op vier voertuie te laai by een van die plase,” het hy gesê.
Dhlamini sê die vragte sou na Orkney in Noordwes geneem word.
Diegene wat in hegtenis geneem is, staar aanklagte van dwelmhandel in die gesig en sal Dinsdag in die landdroshof op Ficksburg verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA