'1 uit 6 nommerplate in Gauteng is vervals'
2010-03-16 05:12
Johannesburg - Een uit ses nommerplate aan motors in Gauteng is vervals het die provinsiale wetgewer Maandag gehoor.
Neil Campbell, DA-woordvoerder vir vervoer in Gauteng, het gesê sowat 43 000 nuwe nommerplate word maandeliks gedruk.
"As elke voertuig twee nommerplate nodig het, moes 86 000 uitgereik word, maar die gemiddelde aantal nommerplate wat uitgereik word is 130 000. Dít beteken dat 44 000 nommerplate (of minstens 22 000 voertuie – omdat sleepwa's net een nommerplaat gebruik – vervalste nommerplate het."
– iol