1 uit 10 in SA tevrede met dienste

2011-04-01 07:54
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Slegs een uit elke tien Suid-Afrikaners is tevrede met die gehalte van dienslewering deur distriks- en munisipale owerhede.

Dit is ’n drastiese afname sedert 2006 toe dié syfer op amper vier uit elke tien, of 39,5%, gestaan het.

Dit blyk uit ’n studie wat gedoen is deur die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) wat Donderdag, sowat twee weke voor die munisipale verkiesing op 18 Mei, bekend gemaak is.

Van die redes wat aangevoer word vir dié ontevredenheid is die drastiese verswakking van basiese dienste soos water- en elektrisiteitsverskaffing en behuising.

Idasa het 2 375 volwasse Suid-Afrikaners in 21 munisipaliteite in Mpumalanga, Limpopo, KwaZulu-Natal en Noordwes hieroor genader.

Paul van der Hoof, redakteur van die verslag, het gesê die doel van die peiling was om van gewone Suid-Afrikaners te hoor hoe plaaslike regerings oor die laaste vier jaar gevorder het.

“Die peiling toon dat die gaping tussen dié wat regeer en diegene wat regeer word ál groter word.”

Altesaam 70% van deelnemers het aangedui dat hul munisipaliteit nie dienste van goeie gehalte lewer nie. Wanneer die vier provinsies vergelyk word, is die vlak van tevredenheid met dienste die hoogste in Limpopo (15%) en die laagste in Noordwes, met ’n skrale 5%.

Volgens Van der Hoof kan drie redes aangevoer word vir die groter ontevredenheid sedert 2006:

1. Die gaping tussen verwagtings en wat die regering realisties kan lewer, is aan die toeneem, onder meer weens migrasie en bevolkingsgroei.

2. Rade pak nie belangrike kwessies aan wat deur burgers geïdentifiseer word nie.

3. ’n Groter bewustheid bestaan oor swak kommunikasie, gebrek aan deursigtigheid en verhoogde korrupsie en nepotisme.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... Dis nie aldag dat jy 'n skildery koop waaraan 3 mense 'gewerk' het nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.