1 dood, 72 beseer in busongeluk
2009-07-30 17:42
Johannesburg – Een persoon is dood en 72 is beseer toe ‘n bakkie en ‘n bus mekaar getref het op die N2-hoofweg naby Grabouw.
Tristan Wadeley, woordvoerder vir ER24-nooddienste, het gesê die ongeluk het gebeur toe ‘n bus en ‘n bakkie mekaar op die snelweg getref het.
“Ons het nog nie al die besonderhede van die ongeluk nie, maar die persoon in die bakkie is dood,” het Wadeley Donderdagmiddag gesê.
Twee mense is ernstig beseer terwyl 11 persone ligte beserings opgedoen het. Die ander 59 mense het slegs minimale beserings opgedoen.
Die beseerdes is na verskeie hospitale in die Grabouw-omgewing geneem.