1 dood, 67 beseer in botsing
2009-09-11 18:21
Kaapstad – Een persoon is dood en 67 ander beseer toe ‘n bus Vrydagmiddag met ‘n motor in Kaapstad gebots het, het nooddienspersoneel gesê.
Volgens Tristan Wadeley, ER24-woordvoerder, het die ongeluk omstreeks 12:30 naby die Koeberg kragsentrale plaasgevind.
“Die insittende van die motor was met die paramedici se aankoms op die toneel reeds dood. Sowat 67 ander is in die voorval beseer.”
Die beseerdes is na verskeie hospitale in die omgewing vervoer. ‘n Gedeelte van die pad is ook vir verkeer in albei rigtings gesluit.
–Sapa