1 dood, 2 beseer ná vloed
2009-12-03 10:52
Pretoria - 'n Man is dood en twee ander is ernstig beseer ná hulle tydens 'n kitsvloed in Soshangove uit vloedwaters gered is.
Paramedici het noodoproepe van plaaslike inwoners in dié gebied ontang oor vloedwater wat styg en mense wat op 'n eiland gestrand en aan bome vasgehou.
'n Voertuig is ook deur die water meegesleur.
Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, het gesê die twee mense is ernstig beseer en moes vir hipotermie behandel word.
Dié mense is na die Ga-Rankuwa-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
"'n Rukkie later is 'n bakkie uit die water getrek en 'n 25-jarige man was in die voertuig vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar," het Botha gesê.
– Netcare