1 273 korrupte staatsamptenare sedert 1994
2011-12-08 18:57
Johannesburg – Amper 1 300 staatsamptenare het hulle tussen September 2004 en Junie 2011 aan korrupsie en wangedrag skuldig gemaak.
Dié statistiek is tydens ‘n nasionale teenkorrupsie-spitsberaad in Johannesburg bekendgemaak.
Altesaam 603 amptenare is in dié periode afgedank, 226 geskors, 134 beboet en 16 teruggesit, het die voorsitter van die nasionale teenkorrupsieforum, Futhi Mtoba, gesê.
‘n Verdere 330 amptenare is finale waarskuwings gegee en 190 is aangekla.
“Korrupsie, omkopery, sameswering en ander onaanvaarbare praktyke is wydverspreid in ons gemeenskap.
“Hierdie gebruike is nie net eties en moreel verkeerd nie, maar teenstrydig met die objektief om dienste te lewer wat mense waarde vir hul geld bied.”
Sy het gesê dat geld gemors word deur omkopery en dat maatskappye wat nie noodwendig die beste diens lewer nie aangestel word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA