‘n Nuwe spesie vir die scene
2010-09-30 09:54
In-diepte Verslae
Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.
By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.
Kaapstad – Versus the Wolf is nie die tipe band wat jy op pad terug van werk tydens die spitsverkeer oor die radio sal hoor nie.
En dis presies hoekom ek van hulle hou...
Miskien het jy al hul musiekvideo op MK gesien. Miskien het jy nie ‘n clue wie hulle is nie, want hulle is nie deel van die Bellville clang nie.
Dankie tog daarvoor! ‘n Bietjie verskeidenheid sal ons musiek scene goed doen.
Dis juis hoekom ek lanklaas by ‘n gig ingeloer het. Dis dieselfde mense oor en oor.
Toe ek hoor Versus the Wolf hou hul album launch in Mercury, was dit die eerste keer in ‘n lang tyd wat ek weer behoorlik uitgesien het na ‘n gig.

Rasheed Ferguson van Versus the Wolf (Foto: Herman Eloff)
Versus the Wolf was eers bekend as die post hardcore band New Altum. Hulle het oor die jare ‘n transformasie ondergaan en hulself suksesvol as Versus the Wolf gestig wat ‘n meer progressive rock klank aan die gang het.
Thrice. Dis die eerste band wat in my kop gespring het toe ek hulle die eerste keer hoor. Versus the Wolf het dieselfde vibe as hulle aan die gang – ook die harde songs wat met die rustiger songs gebalanseer word.
Versus the Wolf het ‘n baie internasionale klank aan die gang en hulle is super professioneel – nie soos sekere mense wat sy kitaar in die middel van ‘n song tune nie. Miskien is dit al daai toere saam met bands soos Underoath, Haste the Day, Johnny Foreigner en Pendulum wat hulle ‘n ding of twee gewys het.
Kyk, Rasheed Ferguson en die res van die ouens van Versus the Wolf het hom gegooi op die verhoog. Rash het al die goed gedoen wat van ‘n ou verwag word wat in so ‘n band is. Dit sal net simpel wees om als oor te vertel. Om dié gig uiteen te sit sal soos een van daai moment jokes wees – ‘n mens moes net daar wees om dit te verstaan.
By tye was dit absoluut beautiful en by tye wou jy net jou kop verloor en vir die maan begin blaf.
Die crowd by Mercury het my regtig verbaas, maar ek bedoel dit nie in ‘n goeie manier nie.
Die arme ouens het mal gegaan op die verhoog, maar die mense in die gehoor het gelyk asof hulle na ‘n live opvoering van hysbakmusiek luister.
By sulke gigs behoort die mense soos ‘n klomp blinde duiwe wat agter kos aan is, te lyk.
Ek blameer glad nie Versus the Wolf daarvoor nie. Dalk was die feit dat iemand nuut, buiten die Bellville-broers, optree. Dis dalk net ‘n nuwe klank waaraan mense moet gewoond raak.
Dalk was dié genre se die hard(core) fans by Earthdance? Ah, dit sal net ‘n skande wees!
Wat ek wel weet is dat Versus the Wolf my moerse beïndruk het.
Besoek Versus the Wolf se Myspace om na hul musiek te luister. Check ook hul Facebook vir updates.
- Stemband
Volg Stemband op Twitter.