Stemband

BMRO bly 'n bastion

2010-10-19 14:04
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Dit lyk eerder of Roof Bezuidenhout, dalk beter bekend as Andries Bezuidenhout, wil sê: " Moer, ek dink ek het nou ‘n paar kappe te veel weg."

Hy doen dit egter nie. Die hoofsanger gly agter die mikrofoon in en groet die skamele gehoor met 'n bebaarde glimlag en 'n harde, jolige "Bloemfontein!"

"Daar was sneeu op die pad - ek dog dis al somer... daar was ook ‘n trok, en die drywer het langs die pad gehurk met sy hande in sy hare.

"Die trok het geknak gestaan in die pad en sy vrag was oor die teer en tussendeur die sneeu gesaai.

“Maar meer daarvan later.” Só begin Brixton Moord en Roof Orkes hulle stel by die Aasvoël Klub buite Bloemfontein.

Die Aasvoël Klub is ‘n dof beligde skuur, waar die reuk van gegeurde kos, die gemaklikheid van kaggelvure en die kontantkroeg jou aan ‘n verlore tyd laat dink. ‘n Tyd waar daar nog te min mense was om faam te behaal.

Ou kitare versier die mure. Verlate stage props en verlepde posters van bands wat ‘dêêêstyds’ daar opgetree het, gluur jou geheimsinnig van die dak af aan. Kerse flikker op tafels waar mense sit en tuisgekookde kos eet.

BMRO het baie goed by hierde milieu ingesmelt.


Foto: Dot Vermeulen

Die band en sy lede is afkomstig van Brixton, ook vanwaar die naam Brixton Moord en Roof Orkes ontstaan het. Skynbaar 'n identiteit wat al in die verlede, veral voor hulle bietjie gewilder was, verwarring veroorsaak het.

"Is julle die polisie se blaasorkes?" is al aan hulle gevra wanneer hulle gigs wou bespreek.

Hulle is gestig in 1999 en tree op as ‘n groep met meer as 10 jaar se ervaring onder die belt. Met optredes reg oor die land, inlsuitende groot verhoë soos Oppikoppi en OppiAarde, is BMERO ou honde wat nog heelwat byt tussen hulle blaf uitdeel.

Roof begin sing en met die eerste riff en growwe stem was ek eers angsbevange dat hy net ‘n rowwe Dozi gewees. Ek was egter verkeerd en dit was baie vinnig baie duidelik dat BMRO nog nooit eintlik regtig dood was nie (dit ná hulle 'n paar jaar terug afgetree het uit musiekmaak).

Die gees het voortgeleef en ditself nou weer gemanifesteer as ‘n bastion in die Afrikaanse rock-veld. Liedjies oor hoofpaaie en hijackings, oor geweld en die geld, oor jonk wees en army toe gaan. Tydlose temas aangehaal deur  ’n sterk stem in Afrikaans. Akoesites gedrewe, maar ondersteun deur blues-beïnvloede elektriese kitaar-solo's.

Die klanksisteem was nou nie die beste nie en die lede het kort-kort van die verhoog af getree om te hoor of hulle nog gehoor kan word.  Dit het egtrer na my mening bygedra tot die gevoel van die optrede. Amper soos ‘n live band practice waar vriende kom sit en drink het op ‘n Vrydagaand, want almal is te platsak om klubs toe te gaan.

Roof vat halfpad deur die stel 'n breek – net om iets te drink. Ek maak toe my pad kroeg toe vir ‘n bier en knoop 'n los geselsie met die kelner aan. Ons praat oor die venue en oor drank en ander sinnelose snert... êrens het ek 'n gratis shooter gekry, gekomplimenteer met 'n glas rooiwyn.  Intussen het BMRO weer die verhoog betree, en Roof vertel sy storie oor die trokdrywer klaar. Ek probeer luister. Ongelukkig, met die kelner in die een oor en die band in die ander, raak ek êrens verlore.

Die kroegknaap gooi my bier in ‘n glas terwyl hy my vertel van die eerste keer wat BMRO hier opgetree het. Daar was selfs minder mense hier gewees, het hy bygevoeg. Toe ek weer terugdraai, het hulle al weer begin speel.



Die tweede helfte van die stel was net so vermaaklik soos die eerste. “Trane vir ‘n terroris” was ‘n wenner van ‘n treffer en die temaliedjie van hul laaste CD “Terug in Skubbe” se "Vis" het vir seker as ‘n gunsteling afgegaan onder die gehoor.

Dié het selfs begin opstaan en voor die verhoog begin dans, hande geklap en begin hang aan mekaar.

BMRO is meer as net nog ‘n Afrikaanse rasperstem-rock band. Meer as net nog 'n MK-verveeld-gespeelde groep, en dis dalk beter so. ‘n Mens wil nie hê al jou beste wyn moet vir die die swape geskink word nie.

Hulle is ‘n groep wat heel bo-aan die totempaal van Afrikaanse rock musiek behoort.

Op pad terug van die show sit ek in die motor en wens ek het een van hulle albums aangeskaf. Dit sou beter luisterstof wees as wat toe gedraai het. Ek dink aan Roof Bezuidenhout en sy band se benadering aan die musiekbedryf.

Hy is nie ‘n rock star nie. Hulle het nie heelaand backstage spandeer nie. Hulle het nie gemoan oor die klankstelsel nie. Hy is ‘n gewone mens wat hou van kuier op ‘n Vrydagaand, wat hou van sosialiseer en mense ontmoet - as sosioloog (gedurende werksure) is so 'na-ure-studie' seker glad nie te versmaai nie. Een sin wat my egter bygebly het tot ek tuis gekom het, was wat Roof vroeër gesê het oor die aand se show: “Dis amper lekkerder om band practice te hê as om ‘n show te speel.

“‘n Mens wil eintlik net musiek maak sonder te veel worry.”

- Laaik Stemband op Facebook en kry al ons kief updates

- Wil jy skryf vir Stemband? Stuur 'n e-pos met jou idee aan Stemband@Nuus24.com

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.