Stemband

Wie is Moses Metro Man?

2011-07-14 07:28
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Raka reëlloos
Raka reëlloos

Die opwinding het oorgeneem en die lang, uitgestrekte N2 was nou al wat tussen my en ‘n naweek van musiek en vriende staan.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep wat uit Potchefstroom ontplof het, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit gevat het om hul album Konstellasies op te neem.

Die groep het ‘n dagboek van hul ervaringe in die ateljee aanmekaargeslaan en eksklusief met Nuus24 gedeel.

Dag 1
Dis omtrent so 09:39 en ons is almal super opgewonde! Om 'n debuut-album op te neem is 'n ongelooflike gevoel! Ons neem die album op hier in ons tuisdorp Potchefstroom by Lightstain Studios onder leiding van Ewald Janse van Rensburg.

Ons het reeds “Gerig op Ruimte” en “Poppe Dans” verlede jaar opgeneem, so dit beteken ons moet 9 songs in die volgende paar weke opneem. Die instrumente van “Huigelaar” is ook reeds opgeneem. Vandag moet die vocals gedoen word vir “Huigelaar”, sodat ons die song kan mix en master vir die video! 


Jako tydens video shoot van ‘Huigelaar’ (Reandi Schutte)

Kliek hier om na die video te kyk

Dag 4
Vandag het ons begin met 'n baie ernstige vergadering. “Huigelaar” is in die sakkie en word vandag weggestuur na Rogan Kelsey vir die mastering. Beplanning en tydsindeling is die belangrikste komponent van in die ateljee wees. Almal moet op dieselfde bladsy wees. Daarom is Ewald deel van die vergadering.

Met almal se skedules wat bots, is die gevolg dat ons baie van ons liedjies in die studio moet skryf. Die tyd is min, so ons moet effektief werk. Die uiteinde van die gesprek het daarop neergekom dat ons eerstens moet fokus op melodie, daarna akkoorde, dromme en bas. Die finale vocals word dan heel aan die einde van die proses opgeneem.

So het ons vandag die melodie en kitare vir die openingssnit van die album, “Piramiede”, geskryf. Ons het 'n great kitaarklank gekry op die Gibson SG.

Dag 6
Die dag het afgeskop met 'n lekker beker filterkoffie vir elkeen met die komplimente van Jako se perculator. Dinge loop goed – “Piramiede” is basies klaar. Ruan het ook reeds dromme daarvoor geskryf. Hy is 'n paar weke gelede die eerste Suid-Afrikaanse dromspeler wat 'n custom-made Spaun drommestel ontvang het. Ons is super trots op hom!

Ons is besig om te werk aan die volgende song “Orion”. Die song is 'n bietjie harder as die voriges. En dit blyk asof dit net almal se gunsteling song mag wees. Maar elke song is in 'n stadium jou gunsteling tydens die skryfproses. Hein, Bennie en Dewald het gou gery om McDonald’s te kry. Dit is omtrent ons stapelvoedsel in die studio. Ek dink ons moet aansoek doen dat hulle ons borg! Ha ha!


Ruan gooi 'n jam (Arno de Beer)

Dag 12
Amper twee weke in die studio en dit lyk asof ons by die beplanningsskedule hou. Nog twee awesome songs, “Samoerai” en “Dieper in die donker” is getrack. Die kitare word nou gedoen vir "Samoerai". Dit klink great. Die gevoel van 'n tema wat ons aan die song wil koppel is 'n tweegeveg, hetsy intern of ekstern. Dit is 'n uitdaging om die feel van die song te laat smelt met die tema. Hein het sopas ingestap vars uit die gym uit. So tussendeur al die opnames is daar van ons wat nog by die gym ook moet uitkom!

Dag 19
Vanoggend is dit lekker koelerig in Potch. Almal het maar half moeilik opgestaan. Dewald het sopas teruggekom van een van sy toetse af. Dinge lyk belowend. Omtrent 6 van die 11 songs wat ons beoog om op die album te sit is in die kassie. Ons het nog vier dae in die studio oor voordat Ewald vir twee weke Europa toer. In die tydperk wanneer hy weg is, moet ons 'n eerie instrumental skryf wat ons dan later in die jaar gaan verander in 'n volledige song, 'n akoestiese song, en nog 'n vol band production song.


Tydens video shoot van 'Huigelaar' (Reandi Schutte)

Dag 23
Vandag is die laaste dag wat ons opneem voordat Ewald 'n verdiende twee weke toer in Europa vat. Ons het vanaand 'n onderhoud op MK Live, ons kan nie wag nie! Jako en Ruan is op pad na die KKNK toe! Tot later Metro Dagboek!

6 April 2011
Ewald is terug! En ons is reg om die laaste songs op te neem! Ruan is nog by die KKNK, en Jako is op pad terug! Dewald, Hein en Bennie is saam met Ewald besig om te werk aan die instrumental “Op grond van” en die song “Glaskastele”. Die liedjie het so cool uitgekom dat ons dit oorweeg om hom ons derde single te maak, asook om 'n video van hom te maak.

14 April 2011
Ons het vanoggend agtergekom dat daar mense buite die studio is wat besig is om 'n vandisie te reël. Masjiene, motors en basies enigiets waaraan jy kan dink! So weird, so tussen die rock & roll is daar ou ooms met pense wat kompeteer op die goedkoopste hamers en spykers. Die meeste van die vocals en backing vocals is gedoen. Ons het vandag een van die meer rustiger songs, “Die eenvoud in...” se vocals gedoen. Die dromme en kitare is klaar. Nou nog net baskitaar en nog vocals! Ons is amper klaar!!

20 April 2011
Hein het vandag die bas opgeneem. Hy het 'n awesome vet klank gekry op die baskitaar! Gelukkig was hy gefokus en vinnig, want ons het met 'n skok agtergekom dat ons nog twee weke ekstra gaan moet boek vir mixing. Dus het ons lelik agter geraak met die skedule!


Manne van Moses Metro Man (Reandi Schutte)

22 April 2011
Hallo daar Metro Dagboek!! Dit is 06:30. Alles is basies klaar opgeneem. Ons het gistermiddag die akoestiese song “Draai” geskryf. Ruan het gekom met die idee dat ons een van ons talentvolle vriendinne, Ester de Vos, nooi om saam met ons 'n colab te doen vir die song. Dis nou 06:45. Almal is basies nog vas aan die slaap, maar ons moes nou begin om ekstra tyd in te werk. Jako het 'n oudisie vir 'n Deon Opperman Musical later vanoggend, so Ewald kom ons te gemoed.

Wow Ester het 'n ongelooflike stem! Sy het nou net haar deel van die song gesing! Dit klink amazing! Nou vir die mixing om te begin!

7 Junie 2011
Ons het vandag die finale masters opgetel by Rogan Kelsey in Johannesburg. Dit klink ongelooflik!!!

Daar het so baie gebeur in hierdie tyd. Ons het besluit om 'n verspreidingskontrak te teken by David Gresham Platemaatskappy. Van hier af moet nog net die ontwerpe bygesit word. Die ontwerpe word gedoen deur M.J du Preez van Doktrine Ontwerp.

22 Junie 2011
Die album word vandag na die drukkers gestuur!! Ons het die ontwerpe gesien, dit lyk great! Kyk uit vir Konstellasies!!

Moses Metro Man is:
Jako Meyer -  Stem
Bennie de Jager - Kitaar
Hein Kruger - Bas
Dewald Pieters - Stem en kitaar
Ruan Kruger - Dromme

Volg Moses Metro Man op Facebook
 

Lees meer oor: potchefstroom  |  musiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.