Stemband

Watkykjy! klets met Stemband

2010-10-10 18:43
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Henry Cloete

Op Watkykjy? se website word daar aangekondig dat dié blog die "beste Afrikaanse blog en website in die heelal" is.

En die SA blog awards het vanjaar saamgestem met eersgenoemde aankondiging... wel, tegnies, soortvan, want sien, Watkykjy is pas aangewys as die Suid-Afrikaanse blog van die jaar. Dat meer as 4 miljoen "waterkoppies" sedert 1 Maart 2008 al die site besoek het, het sekerlik gehelp. Want dis moer baie.

Stemband het Griffin, na wie Die Antwoord as die Zef-meester verwys, genader vir 'n bietjie lewensraad. (As jy nog nie het nie, besoek eers www.watkykjy.co.za, anders gaan jy nie die interview verstaan nie. Wat die vraag noop - hoekom lees jy dan hierdie artikel? Anyway, jy is nou hier, so check die site en die onderhoud hier onder. Die prentjies tussenin is produkte wat voorts by hul online shop is. Behalwe die kar... dink ons...)


Die Watkykjy-logo.

STEMBAND: Hallo Griffin, hoe's dinge?

GRIFFIN: Moenie maak of jy omgee nie. Gaan jy vir my 'n bier koop as ek tune dit gaan kak?

SB: Watkykjy het pas die beste blog in SA-toekenning gewen. Wat dink jy is die elemente aan Watkykjy wat dit so gewild maak en die wyd-gesogte toekenning laat wen het?

G: Baie mense vra my en ek se gewoonlik ek weet nie, maar ek dink maybe ek weet nou. Of miskien is ek net nice met jou?  Watkykjy extend verder as die intertubes, dink ek. Ons het dikwels interaction met ons lesers en ons doen ook baiekeer stuff paralel aan die site, dikwels saam met ander tjommies. Ek dink byvoorbeeld aan die Wikus Van De Merwe site en die hele Vernon Koekemoer storie wat ons aan die gang gesit het. 

Lesers wat vang waaroor die site gaan, contribute ook dikwels tot ons updates. Ons gee ook gedurig free stuff weg soos kaartjies na lekker shows toe, boeke en CDs. Ons het onlangs yskaste vol drank as pryse gegee vir 'n lekker kompetisie met interaksie. Wie sal nou nie 'n yskas free drank wil score nie?

Ons het ook al 'n moerse klomp lekker parties gegooi. Daar is tonne stories in ons archives wat mense steeds besig hou en laat lag dat die melk deur hulle neuse spuit, al het hulle nie melk gedrink nie. So nou en dan as ons tyd kry, skryf ons steeds stories. Die site se design (of jy nou daarvan hou of nie) is moerse professioneel ontwerp as jy dit met ander sites moet vergelyk. Ons het so ‘n bietjie geld uitgehaal daarvoor.  Mens kan dit sien. Ons lyk goed en ons praat kak.  Jy kan amper sê ons is soos 'n chick met 'n mooi lyf en 'n perdgesig. Soos die Sarah Jessica Parker van die intwerwebs.

Papiersak en effies vibes.



Uhm... wat nog? Ek dink Watkykjy is die enigste Afrikaanse website of blog wat:

- hulle eie boek uitgebring het ("Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?") wat moerse goed verkoop het en nog steeds op die rakke is ná 2 jaar.

- hulle eie GPS voice navigation pack het. Dis ook die eerste een met 'n rating vir rowwe taal. Dis actually nie so erg nie. Ons gebruik woorde soos 'fok', 'poep' en 'kak' en dan so ‘n bietjie slang. Dis actually donners snaaks.

- hulle eie theme song het deur 'n next level internasionale band. Die Antwoord het hulle tune "Watkykjy" geskryf nadat ek dit vir hulle as huiswerk gegee het en dis nou 'n moerse hit, veral in die overseas.

- al amper 11 jaar lank aan die gang is

- vir 'n rukkie lank 'n free "record label" was.

Die site word in ons vrye tyd ge-update, so dis 'n hobby. Ons vat onsself nie moerse ernstig op nie. Jy moet ook nie.

SB: Watkykjy funksioneer met 'n baie spesifieke persoonlikheid en aanslag. Uit watter ervarings of idees het hierdie persoonlikheid en aanslag gegroei?

G: Ek sou skat dat dit voortspruit uit ons eie ervarings - goed wat met ons of met vriende of familie gebeur het of stuff wat ons raaksien om ons elke dag of as ons travel. Of dikwels goed uit die nuus wat mense afpis, companies wat mense rondfok of goed uit die verlede waarmee mense kan identifiseer, soos gebeurtenisse rondom skool of universiteit. Ons roep 'n ding straight. Daar is soms klein zef lewenslessies verksuil tussen al die crap wat ons op die internet rondgooi.



SB: Sedert die supersuksesvolle groep Die Antwoord se ontstaan, nog voor al die hype, het hulle al 'n noue verbintenis met Watkykjy gehad.  Hoe het hierdie verbintenis ontstaan? Is Watkykjy amper 'n vaderfiguur vir Die Antwoord, of is dit anders om?

G: Ons is bietjie meer soos 'n los, aangetroude stief familie van mekaar. 

Ek het aanhoudend Facebook invites gekry om 'n groep te join wat gelyk het soos 'n klomp mense wat met modder besmeer is. Ek het eendag gaan check wat dit was en gesien dis Ninja se werk. Ons het so 10 jaar terug al vinnig ontmoet en kak gepraat, maar hierdie was vir my interessant so daar was baie interviews, baie foonoproepe, please-call-me's, e-mails en so ‘n paar kuiers tussenin.

Ek het vliegkaartjies gekoop vir Ninja en Yo-Landi vir hulle eerste gigs in Gauteng want hulle was fokken arm. Hulle het my na die gig terugbetaal. Yo-Landi werk nog steeds met missed calls, al is sy 'n Rich Bitch. Old habits die hard. Hulle is vir my nog egter dieselfde mense.

Die res is 'n blur. Ons het gister in Fietas gaan braai. Ek is te bang om die fotos te check.



SB: Stories oor Watkykjy verskyn soms in ander Afrikaanse media en lesers reageer dikwels heftig en negatief op Watkykjy se aanslag en taalgebruik. Wat sal jy vir hierdie lesers sê?

G: Jy het 'n keuse met enigiets wat jy doen. Ek hoor dikwels hoe mense kla oor "Getroud met Rugby" of "Idols" byvoorveeld. Ekself het vriende wat dit kyk en goed sê soos: "Jis, het jy gisteraand GMR gekyk? Jis, dis kak!". Ek verstaan sulke mense nie. Hoekom jou tyd mors met iets wat jy haat?

Nog 'n ding: Afrikaans is 'n taal, nie 'n fokken kultuur nie, al wil mense dit bitterlik graag so hê. Sien jy ooit dat Engelse mense in SA tekere gaan oor iemand wat hulle huistaal verkrag? Sommige mense is geneig op met die Afrikaanse "polisie badge" op die borskas rond te paradeer en almal met 'n knuppel genaamd "die kerk" te wil bliksem. Dis nou dieselfde ouens wat grootgeword het met reels soos "jy mag nie aan tafel praat” nie. Heavy oogklap vibes. Die snaaksste van alles is dat hierdie "taal/kultuurstryders"

self beswaarlik kan spel. Hy like ook van CAPS LOCK en moerse baie uitroeptekens waarvaan die laaste een gewoonlik in 'n een eindig!!!!1

Die ander ding wat mense klaarblyklik ook nie begryp nie, is dat die internet huuuuuuge is. Dis 'n monster. Daar is veel erger goed om oor te worry as 'n nietige website vol vloekwoorde. Jy kan agter enige woord 'n dotcom gooi en jy sal iets kry. Kan jy imagine as loljesus.com in Afrikaans was?

SB: Wat hou die toekoms vir Watkykjy in?

G: Ons gaan 'n groot Afrikaanse organsasie skep waar ons mense ledegeld vra om online petisies te teken sodat ABSA vir ons moet luister. As hulle nie wil luister nie gaan ons dreig om al ons geld by hulle weg te vat en dan agterkom dat die bankostes en missions te veel werk is... Nee, ek weet nie.

Ons gaan wel DV binne die volgende twee weke of so 'n online shop oopmaak (die shop het intussen sy deure oopgemaak, check dit hier - Henry) waar mense so ‘n paar bands se shirts en CDs kan koop asook allerhande vreemde t-shirts, weird persente en Watkykjy hempies. Die main idee is om die local bands, kunstenaars en designers uit te help en nog 'n platform gee vir hulle merch. Ons het reeds belangstelling van so ‘n paar cool ouens, onder ander Valiant Swart, Die Antwoord, KOBUS, Blink Stefaans (so ou wat mal klere maak) en dies meer. Ons is ook genader om nog 'n boek te skryf, maar ons is effens besig in ons professionele en private lewens, so dis vir eers op ys.

Mens weet nooit regtig wat volgende gaan gebeur nie. Maybe maak ons eendag 'n TV show of iets as ons tyd en geld het.



SB: Wat is die oplossing tot al die wêreld se probleme?

G: Hou op om alles aan religion te koppel. Gebruik jou ingeboude morele kompas, al is die glasie gekraak en die wyser krom.

- Laaik Stemband op Facebook en kry al ons kief updates.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.