Stemband

Stemband kry Daisie-koors

2010-10-13 07:53
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Kaapstad – “Bra, as jy hierdie voicemail kry, dan beteken dit jy’t jou foon toe gevind...”

Dis die eerste ding wat ek Saterdagoggend vanuit my tent by Rocking the Daisies gehoor het toe die genadelose son vroeg aan my skouer begin tik het.

Hierdie eenrigting-foongesprek wat my buurman gehad het, som die gees van dié musiekfees net buite Darling redelik goed op. Jy verloor jou foon, jou vriende en jou kop.

Ek kan nie eers onthou hoeveel keer ek iemand verby my sien loop het met 'n wysvinger by een oor ingeboor en ‘n selfoon teen die ander oor nie. Dan skree-vra hulle “Dude, waar is jy? Ek staan onder die boom!”

Kliek hier om na 'n video te kyk wat vanjaar se feesgangers herinner hoekom hulle daar was en vir die mense wat uitgemis het, wys hoekom hulle daar moes wees...


Feesgangers (Foto: Liezl Temmingh)

‘n Mens se ma leer jou van kleintyd af om altyd agter jou ore te was en om nie met vreemdelinge te praat nie.

By Rocking the Daisies vergeet almal dié raad en embrace alles wat jou ma jou teen gewaarsku het.

Hier knoop ‘n mens geselsies aan met allerhande sub-spesies van die mens – die hippes, die mense wat dink hulle is hippies, poppies, jocks, emo kids, kiddies, oupas en hondjies. Come one come all. Simunye!


Jamming tussen die Daisies (Foto: Liezl Temmingh)

Maar kom ons vergeet eers van die mense. Die musiek is uiteraard die rede hoekom al hierdie gediertes in hul massas saamgedrom het.

En was dit nou awesome of wat.

Ek het so veel bands as wat ek moontlik kon indruk, ingewurm. My ore het nie geweet wat hulle tref nie.

Die klank was tops en die skerm wat as ‘n backdrop close-ups van die musikante gewys het terwyl hulle hul ding doen, was mooi duidelik en het ‘n fantastiese atmosfeer geskep.

Die kameramanne wat die hele naweek konstant die bands moes afneem vir die skerm-doeleindes moes hulself in ‘n stupor in gewerk het. Naderhand wou ek hulle net ‘n coke en ‘n drukkie gaan gee het, wat dit het so ‘n awesome afronding tot die verhoog gebied.


Party tricks was vollop (Foto: Liezl Temmingh)

Okay, nou waar sal ek begin?

Hierdie is die ouens (en girls) wat vir my die meeste uitgestaan het:

Tidal Waves is nou maar net daai band wat selfs die innerlike rasta in die grootste rugbyspeler sal kan uitbring. Wanneer hulle speel, is al jou sorge vergete en jy’s lief vir almal rondom jou. Dis hulle wat sal veroorsaak dat jy vreemdelinge omhels en sê “I love you, man.”

Ek moet erken dat ek nie heeltemal op scratch was met my kennis oor New Young Pony Club se musiek nie. Ek het voor die fees ‘n paar van hul songs op YouTube gaan soek en ek het gedink dis nie te versmaai nie... maar my shit, toe hulle op daardie verhoog klim, kon ek nie my oë glo nie.

Dié post-punk groep van Londen se musiek en performance slaan jou met ‘n bitch slap deur die gesig. Hulle het energie ge-ooze en my met ‘n oopbek agterna gelaat.

Hup New Holland, hup! Hierdie Bellville-boitjies stel nie sommer teleur nie. Tee-Jay se stem is solid en die groep slaan ‘n tight show aanmekaar.

Hul set was so merry en up beat, dat selfs ‘n oupa wat letterlik gelyk het asof hy 103 jaar oud was, nie kon ophou dans nie. Ek het later geleer dat hy as Pappa Smurf bekendstaan.

Hog Hoggidy Hog het my ook moerse beïndruk. Hoekom klink ek so verbaas? Hulle is nou maar net een van Suid-Afrika se lekkerstes. Finish en klaar. As daai trombone en trompet eers begin speel, kan ‘n mens se kniekoppe nie help om spasties te kere te gaan nie.

“Okay we’re gonna play one more song,” het hul sanger George Bacon naby die einde van hul set gesê. “Just to piss off all the hippies!”


'n Tan wat jy nie sommer gou van ontslae gaan raak nie. (Foto: Liezl Temmingh)

En dis presies wat Rocking the Daisies so eksponensieel cool maak – die hemelbreë verskeidenheid in die groepe wat optree. Hierdie bring my by die volgende groep wat vir my uitgestaan het.

Toe ek hoor HHP speel die Saterdagaand (nogals voor Boo!) by die fees, het daar ‘n groot vraagteken op my gesig gevorm. Hip hop by Rocking the Daisies? Huh?

Maar toe HHP eers die paartie aan die gang het, kon ek nie stilstaan nie. Ek het net weer opnuut besef wat Suid-Afrikaners so absoluut befok maak. Mense kan lekker jam op HHP se hip hop beats en 45 minute later Chris Chameleon en sy Boo!-broers aanbid.

Boo! was net plain mesmerising. Ek dink ek het hulle laas live sien speel toe almal nog jittery oor die Y2K bug was. But baby, they’ve still got it! Die range van Chris se stem is om van mal te raak en hy speel ‘n paar stewige goed op daai baskitaar van hom. Veelsydig en talentvol. Punt.

Springbok Nude Girls het ná Boo! gespeel, maar dié munki punkers het die Nudies heeltemal upstage. Oops.


Musiek 101 (Foto: Liezl Temmingh)

Oh ja, amper vergeet ek. As jy ooit wil teruggaan in tyd en maak asof jy ‘n gypsey of ‘n seerower op ‘n ou skip is, moet jy jouself by die volgende Mr. Cat & The Jackal gig bitter vinnig kry. Hulle het nie by die main stage gespeel nie, maar by die Cuervo Nu World Beat Barn, wat perfek by hulle vibe pas. Hulle is op hul beste in so ‘n klein, intieme setup.

So ja, dis my storie. My lyf is seer en ek het sakke onder my oë, maar ek kan met ‘n moeë glimlag met my een oog so half oop sê dat Rocking the Daisies 2010 ‘n groot sukses was. Wêreldklas.

- Nuus24

Onthou om jou kiekies en stories van Rocking the Daisies en Rocking the Gardens vir ons te stuur. Pos ons by stemband@nuus24.com
 

Lees meer oor: rocking the daisies  |  musiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.