Stemband

Raka reëlloos

2011-04-06 18:32
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Monica Rossouw

Ná ‘n paar uur se gepassery en legkaartpakkery het ek en twee ander joernaliste in die pad geval.

Die opwinding het oorgeneem en die lang, uitgestrekte N2 was nou al wat tussen my en ‘n naweek van musiek en vriende staan. Die tyd op die pad het stadig verbygesleep.

Slakkepas, om meer spesifiek te wees.

Op die pad het seisoene van nat, koue weer tot sonnig, dog winderig, verander. Met ons aankoms by Kam Bati begin die legkaartpakkery alweer: ‘n tent, twee opblaasmatrasse, ‘n tafel, (‘n glasie wyn) en twee ure later is die werksaamheid so te sê klaar.



Hemelhoë bome omsoom die Breërivier stuk-stuk. Die entoesiastiese Britse joernalis vra gedurig: “Do you wanne’ go for a swim, yeah?”.

Vra sy dit uit onkunde of moedswilligheid? vra ek amper hardop. Ek kan op daardie oomblik net nie myself oortuig om in die wind en weer nat te word nie. Ons bure (Aanklank hoofsanger en kie) het, met hulle impulsiewe besluit om ook te gaan swem, vir beide Britse Debbie en myself in ekstase gehad. Debbie kan swem en ek kan weer in Afrikaans dink.

Musiek begin in die agtergrond atmosfeer skep en ek word tot voor die verhoog gelok.



Hierdie jaar het die aanbieding onder meer ingesluit: Youth, Louwtjie Rothman, 3rd World Spectator, The Brothers Goodkat, Aanklank, Simon Swerwer, Jason Tamba, Hugo Brand (voormalige Ef-El tromspeler), Johannine, Gary Thomas, Gerdus Oosthuizen (New Holland faam), The Pretty Blue Guns, Foto Na Dans, Tony Cox, No One’s Arc, Blues Broers, Dane Taylor Trio, Basson Laubscher, Ballistic Blues en Albert Frost.

Buiten die koppie koffie wat ons Saterdagoggend by die stalletjie langs die verhoog gekoop het, het ons nog niks te ete oor ons lippe gehad nie. Vroegmiddag is ons terug tent toe vir ‘n versnaperinkie, en dit is toé dat ons per abuis die jazzy/blues klanke van die bure se kant af hoor.

Met ‘n oor en weer gehandskuddery ontmoet ons vir Tony. Gavin vra ‘n paar minute later (en met kitaar in die hand), soos iemand wat sopas ‘n briljante ontdekking gemaak het: “Tony Cox?” En die persoon aan die ontvangskant van die vraag reageer met ‘n onindrukwekkende “Yes”. Eensklaps maak alles sin. Die deftige kitaar, die vinnige vingers. Tony en Gavin vleg ritmes en kombineer riffs sodat die musiek suiwer sin maak. Woorde hieroor lê dom op my tong.

Aan die einde van die onbeplande musiek-sessie vra Tony of ons vir hom iets het om te rook. Gavin haal ‘n sigaret uit. Tony keer hom met ‘n ondiplomatiese: “I don’t mean tabak.”



Skoon vergete van ons honger mae stap ons daar weg met ‘n soet nasmaak van satisfaksie. Ons kuiery lei ons terug op die grondpad, op soek na nog avontuur. Terug by die verhoog smeul ons verder aan die musikale talente van Hugo Brand, Johannine, Gary Thomas, Dane Taylor, Gerdus Oosthuizen, Jayan, The Pretty Blue Guns (en vriende), Foto Na Dans, Tony Cox, No One’s Arc en VoortVlugtend.

Die donker oggendure het gewemel van die laaste paar geesdriftiges. So twintig van ons. By die boonste kuierplek het ons bymekaargekom en sonder om die tyd dop te hou, musiek gemaak en saamgesing. Hugo Brand het die leiding geneem en twee ander kitaarspelers het bygedra tot die joligheid. Eers toe ons ferm, maar vriendelik, gevra was om die samesyn te skuif, vang my oog die wysers op my polshoorlosie. Dit is 05:45.



Ná ‘n paar luilekker liedjies Sondagoggend is ons weer waar ons begin het – besig om te pak. Hierdie keer het die rit vinniger gevoel en die gepakkery langer.

By Raka vergeet jy van tyd, kos en slaap: dinge wat gewoonlik broodnodig is. Buitendien, wie het nou kos nodig wanneer jy op water en musiek kan lewe? Terug by ons tweeslaapkamerwoonstel maak ons ‘n toebroodjie, klim in die bed en stel die wekker vir die volgende werksdag.

(Foto's: Monica Rossouw)
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.