Stemband

Ou Boo! of Nuwe Boo! - dit is die vraag...

2010-10-24 23:27
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Boo! is terug en het onlangs by Montecasino hul nuwe album, The Three of Us, gelaunch. Alexia Laurie was daar en skryf oor die ou Boo! versus die nuwe Boo!. Ilke Lategan het die foto's geneem.

Die launch van die nuutste Boo! album was veronderstel om gepaard te gaan met ‘n lugballon-rit by Montecasino. Maar ongelukkig het die wind gewaai, en al is ‘wind’ in Johannesburg nou nie wat dit in die Kaap is nie, was die weer-kondisies nie gunstig genoeg om ons groep press- en mediamense se lewens te waag nie.

So was ons toe ‘grounded’ vir die aand, maar gelukkig steeds toegelaat om ‘n paar woorde met Chris Chameleon, Ampie Omo en Riaan van Rensburg (die nuutste member van Boo!) te wissel.



Die drie van hulle staan so ewe netjies langs die lugballon in hul swart pakke (wat nogal ‘n skok is ná die pre-2004 drag). ‘n Lekker paar skoene steek by Ampie se broekspype uit – Swears uit Camden Town, in ‘n size 12 ½. Glo is sy vorige paar skoene - army boots op platforms, wat goud ge-spraypaint was (ook size 12 ½) - gesteel.

Om terug te kom by waarom Boo! met hul terugkeer op die music scene hul weerhou van drag, se Chris: “When I was younger, I didn’t care about feelings. Now I do.” En ook, se Chris, “Back then I was a hot chick, I’m a tannie now. But I can still outrun a 20-year old!”.

En so kan ons verseker wees van ‘n paar verrassings wat op ons wag, en dat hulle dalk net besig is om ‘n nuwe groep fans se vertroue te wen. Hulle vat dinge maar eers rustig: “If you have sex on the first night, what will you do tomorrow? Braai?”. Teen die tempo wat hulle aanhou ‘transform’, weet mens nie wat om volgende te verwag nie. 

Dan is daar natuurlik die kwessie van die ‘Ou Boo!’ fans… Daar heers ‘n groot ontsteltenis dat Boo! se musiek en hul image ‘n klein bietjie verskil van toe hul 6 jaar terug op stage was. Wat Chris hieroor te sê het, is: “the old fans treasure you, and almost want to keep you to themselves”.

Waar hul voorheen vir ‘n onkonvensionele niche-audience gespeel het, wil hul nou hê almal moet onmiddellik van hul weet. “We have never made music to please a particular group, and we are not depending on our old fans”; hul musiek op die oomblik weerspieël hul current mindset. En daar is/was al ‘n paar geleenthede waar ou fans vir hul kom sê het: “I’ve gotten married since I last saw you, and tonight has been the first time that I’ve been out in 6 years! I thank you guys!”

Wel, ek moet bieg, hul het ‘n punt beet as hul sê dat dit onontkombaar is vir ‘n band om met die verloop van so ‘n lange tydsduur – en dit nog uitmekaar ook – NIE te verander nie. Een van die voordele wat Boo! het is dat HULLE nie bang is vir verandering nie. En ja, ek mis Miss Chris se drag-rokkies, maar volgens hulle ease hul nou eers so ‘n bietjie in die current scene in.



Ná al die geselsery moet Boo! nou eers regmaak om ‘n show te gooi! Die Drie (uit hul netjiese pakke) verskyn op stage: Chris met blinker-bedekte arms, ‘n stywe hemp en haarknippie-hare; Ampie in ‘n lekker skel-swart bell-bottombroek wat rooi uitklok, en Riaan met ‘n groot glimlag onder sy BOO! blinker-pet. En as nuwe tromslaner, kry Riaan die geleentheid om sy eie interpretasie van die ‘ou’ songs te gee wat deels nog by hul live optredes kop uitsteek. Hulle live show was behoorlik ‘n show, vol energie en regte fireworks!

“The Three of Us’ is vroeër die jaar in Amsterdam opgeneem onder Frans Hagenaars, “met ‘n retro approach: analog recording en authentic instruments”. Hagenaars het ook vinnig die 3 opgesom en na Riaan verwys toe hy in sy Hollandse aksent sê, “Aaah, now I geet iet. You are de machine; dese two are just two monkeys jumping around.”

(Tussen die drie van hulle het hulle saam 60 jaar se ondervinding in die musiekbedryf. Riaan dra wel die meeste kennis wat musiekteorie betref!) Daar is ‘n mengelmoes van lekker klanke op die album, en Riaan vertel ook dat hulle in een van die songs sy trouring gebruik het om teen ‘n Buddhist-klok te slaan vir die gewenste  ‘ping’-geluid wat hy in sy kop gehad het. Die album is verder in Suid-Afrika gemix en gemaster vir daardie ekstra ‘viese randje’ in hul sound.

Hul nuwe album maak my met die eerste oogopslag opgewonde met ‘n dik, 24-bladsy boekie binne-in met lirieke en monki-collage kuns deur Wilma Brits. Wat hul nuwe klank betref, is daar is ‘n lekker opgewekte Suid-Afrikaanse flavour, maar ek mis die hiper-energieke, trillende klanke van Boo!



Ek vind hier en daar ‘n stukkie daarvan op die album: ‘What you want’ het ‘n ietwat misterieuse trant, en Chris gooi sy ongelooflike stem hoog in ‘Rookook’ met ‘n bietjie voëlsang-koooo-roe-roekoooo. Die titel-track, ‘The Three of Us’ het lekker slap-bass en beide dié een en ‘Better than you’ het heerlike ritmes en trompet, en ‘To do today’ dien as ‘n maklike saamsing tune.

Die rustiger songs vind ek effe voorspelbaar en die heel laaste lang, stadige lied waarmee hul die album eindig is ook nie die tune wat ek wil aanhou neurie nadat ek die CD deurgeluister het nie – nee, daarvoor soek ek iets meer opgwek. As ‘n geheel verwag ek nog meer van ‘n ‘viese randje’ as wat hulle met hierdie album bied.

Maar, Boo! is terug met ‘n bang! En waar ek myself as een van die die-hard fans van die ‘ou Boo!’ sou bestempel, was hierdie geleentheid ‘n goeie manier om my ‘reaction to change’ te toets.

Wel, as hul aanhou om sulke awesome live shows te gee, dink ek hul nuutste baba-monkey, “The Three of Us”, het dalk net ‘n bietjie nurturing nodig… Dit was ‘n mooi aand.

Riaan se brul-lekker bulderlag weergalm nog steeds iewers oor die koppies… Dis lekker om hierdie ouens weer terug op ‘n stage te hê!

- Laaik Stemband op Facebook en kry al ons kief updates.

- Wil jy vir Stemband skryf? Stuur 'n e-pos met jou idee aan Stemband@Nuus24.com.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.