Stemband

(OB)SceneFest had Bloemfontein warm

2010-09-28 13:37
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Bloemfontein se (OB)SceneFest word elke jaar groter en vanjaar was daar baie hoogtepunte, skryf Theuns Du Buisson uit Bloemfontein. Theuns "Blommekind" Du Buisson het sy kamera daar gehad en die vertonings op film, oftewel memory card, vasgelê.

*

Die Bloemfontein Scene Festival, beter bekend as (OB)SceneFest, is hierdie naweek weer aangebied (die OB kom uit die dae toe Bloemfontein nog OB-nommerplate gehad het). Anders as wat die naam voorstel, is die fees nie in Bloemfontein gehou nie, maar op ‘n plaas in die middel van nêrens, wat nie veel anders as Bloemfontein is nie.

Met twee dae en twee verhoë kon almal uitsien na die beste Punk, Metal, Rock en akoestiese optredes in ‘n lang tyd. Voeg 42 kunstenaars by en jy het ‘n wenresep beet.

Die eerste vraag wat opduik as jy daar aankom is “waar kom hierdie mense vandaan?” Daar is punks soos wat jy hulle laas gesien het in tydskrifte uit die 1970’s. Die tipe wat swart spike-hare aan die een kant het en aan die ander kortgeskeerde kant peroxide met pers kolle op. 'n Mens kry eenvoudig nie sulke mense in die regte lewe nie, of hulle kruip baie goed weg.


Dewald Lewe Nog

Die hoofverhoog is ge-open deur Audio Nebula, ‘n jong hardcore band wat pas uit die Rockspaaider-kompetisie geval het. Nie omdat hulle enigsins terugstaan vir die ander finaliste nie, maar omdat Rockspaaider in ‘n gewildheidskompetisie eerder as ‘n Rock-kompetisie begin ontaard het.

Die Akoestiese verhoog is geopen deur Ferdi en Louw, twee vetgerookte kunsstudente van Bloemfontein. Ná ‘n paar ander akoestiese optredes op dié verhoog het ons eie Bob Dylan tot die verhoog toegetree.  Dirk Blignaut, ook bekend as Dirk Hanekom as hy nie op stage is nie, het almal betower met sy eie komposisies en goeie verhoogpersoonlikheid.  ‘n Mens kan eenvoudig nie na hom luister sonder om meegevoer te word in wat hy sê nie.


Dirk Blignaut

Terwyl almal hulle te buite gaan aan die goedkoop bier en skroeiende son, het Bloemfontein se trots die hoofverhoog aan die gang geblaas.  Chidori en Colour Blind was albei aan die brand!  En nie net oor dit so warm was nie.  Albei behoort al lankal die aarde plat te toer, maar steeds steek hulle vas in Bloemfontein en wag om ontdek te word.  So as jy ‘n agent is en jy soek iemand om te ontdek, sê ek nou vir jou - ek het hulle gekry.


Colour Blind


Chidori

Daarna was dit weer die meer bekendes se beurt. Werner van Wrestlerish se stem word tog deesdae meer as Gareth Cliff s’n op die radio gehoor.  Hulle het dus geen bekendstelling nodig nie, maar verdien steeds alle aandag wat na hul kant toe kom. En hulle baarde staan ook vir niks terug nie, behalwe natuurlik vir my eie baard.  Dié saggeaarde reuse sal ons hopelik nog lank vermaak.


Wrestlerish

Nog ‘n band wat gereeld op die radio gehoor word, City Bowl Mizers, se energie het die crowd opgesweep soos selde vantevore. Hulle lekker ritmes en wilde persoonlikheid was genoeg om die sonverbrande crowd wakker te ruk.


City Bowl Mizers

Apeklap het hul laaste vertoning van hul loopbaan gelewer. Baie mense het kom kyk, sommige om te treur, ander om te juig. Either way, Stefaans het weer sy broek uitgetrek, so almal was aan die einde happy.


Apeklap

Om die aand vir meeste af te sluit was All Will Fall daar. Ná All Will Fall was ek ook op pad om te gaan slaap, maar toe dra die volgende band ‘n banjo, ‘n akoestiese baskitaar en ‘n viool op die verhoog.  Ek dog eers ek is dronker as wat ek gedink het, en begin hallusineer, maar ek het foto’s om dit te bewys. Met soundcheck speel hulle toe ‘n lekker Ierse ritme. Dit was genoeg om my te oortuig om wakker te bly en te kyk. En genadiglik het ek! Dit was die hoogtepunt van die aand en waarskynlik van die fees. Die Sunday Punchers skoppit mal! As dit by Ierse Punk kom kan die Amerikaners soos Flogging Molly en Dropkick Murphys maar gaan slaap! En dit vir ‘n band wat nog net 3 weke aan die gang is! Dis net ‘n jammerte my kamera se batterye het die gees gegee, maar hier is ‘n foto.


The Sunday Punchers

Toe kom slaaptyd. En het ek darem nou lekker geslaap! Dit was tot Dewald van Glory to the Brave, wat die volgende dag hul eerste optrede sou doen, aan my ruit kom klop het vir slaapplek. Ek het gesê hy kan inklim, maar ongelukkig weer aan die slaap geraak voor ek vir hom kon oopmaak.

Ongelukkig het ek en my vriende die koelte gaan opsoek en meeste van die eerste bands van die dag gemis, maar almal het hulle al gehoor en ons sal nog baie.

Toe ons uiteindelik ontwaak is ons aangenaam verras deur Bearded Sushi. Ja, die spul wat eerder nooit ‘n instrument moes optel nie. Maar dit was nou die dag. Hulle is nou ewe skielik goed. Hoe dit gebeur het is ‘n misterie, maar die punt is dat dit gebeur het. Veral die baskitaar staan uit. Alles vloei inmekaar soos waters van vrede.


Bearded Sushi

En toe kom die oomblik waarvoor die hele Bloemfontein gewag het. Glory to the Brave se eerste gig! En wonder bo wonder het Dewald die nag oorleef, al het hy die mense wat hom met slaapplek uitgehelp het se kos opgeëet. Hulle het glad nie teleurgestel nie! Daar was ‘n paar foute, maar hê genade! Dis hulle eerste show! Hopelik die eerste van vele. Bloemfontein het vir ‘n slag ‘n band wat lekker natuurlike musiek maak en nie bloot probeer om so hard as moontlik te lawaai nie. Oros in ‘n Lang Glas doen dit ook, maar Glory to the Brave se lirieke grou in ‘n mens se kop in soos niemand anders kan nie. En dit gaan oor meer as die algemene dingetjies. Daar is wel nuwe talent op die horison!


Glory to the Brave

Terug by die Lapa-stage het Black Cat Bones almal vermaak met hul unieke styl, wat iets tussen Classic Rock, Blues en Rock a Billy is. As iemand weet wat mens dit noem, kan julle my laat weet, maar tot dan noem ek dit lekker.


Black Cat Bones

Van al die Metal bands sal ek net my hand daaraan waag om oor een te skryf.  Die res was vir my maar almal dieselfde, maar ek weet maar min van Metal, so ek moet dit dalk nie eers doen nie. Go!Go! Bronco, al die pad van Durban, doen dinge anders. Hul musiek is lekker rof, loop oor van energie, klink fantasties en laat jou koppie ‘n bietjie uithaak, maar tog is dit anders. Wat maak hulle anders as al die ander Metal acts in die land? Hulle lyk of hulle dit geniet. Hulle stap op die verhoog met glimlagte wat jy van ‘n Ska-band sou verwag. En toe kom die grootste verrassing ooit! Hulle komplimenteer die klankman! Waar in die wêreld het jy al gesien dat ‘n metalhead iemand komplimenteer? Sulke dinge gebeur nie!

Maar net so terloops, dit was regtig die beste klank wat enige buitelug fees nog ooit gehad het! En baie dankie aan Creative Kilowatt dat ek op hulle speakers kon klim vir foto’s.


Hog Hoggidy Hog
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.