Kurt: Minder spoeg, meer bloed?
2010-09-03 13:50
In-diepte Verslae
Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.
By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.
Hertzog Hardelewe
Kaapstad - Niemand kan Kurt Cobain daarvan beskuldig dat hy vals-vrolik en pretensieus was nie.
Sure, hy kon dalk doen met ‘n vervanging van prozac vir sy heroïen-dosis… Maar hy was wat hy was. En daar is veral een oomblik wat hom ‘n legende vir my maak.
Dit was een aand in Desember, 1993. Suid-Afrika was toe nog lekker deur die kak en jare later sou hierdie dag bekend staan as Versoeningsdag.
Maar aan die ander kant van die aarde, in Amerika se coolste stad, New York, het Nirvana hul Unplugged gig gehou.
Seker die somberste van al MTV se Unplugged sessions, maar beslis die beste. I know it cos it's true. En omdat ek dit op DVD het.
Die kerse, die blomme, die akoestiese kitare van Cobain en Pat Smear. In die agtergrond Dave Grohl met sy poniestert (pre Foo Fighters Dave) die goofy Krist Novoselic (die bra het nooit vir my lekker gepas nie…) en Lori Goldston op cello. Soos Alastair McKay in Uncut skryf, miskien sou hierdie die rigting wees waarin Nirvana kon beweeg: minder spoeg, meer bloed.
Hoe dit ook al sy. Vir ou Kurt was bloed (en hare en harsings) sy voorland, maar op 16 Desember 1993 het hy geskyn soos nog nooit tevore en nooit weer daarna.
Ek verwys spesifiek na daardie bekende oomblik tydens die opvoering van “Where did you sleep last night?”. Hehe, die gehoor het nog voor die lied gevra dat die groep nóg songs moet speel, en na ‘n geselsie hier en daar, kondig Kurt kortliks aan: “Fuck you all, this is the last song”.
En toe daai magiese oomblik, byna aan die einde, net voor hy die line sing “the whole night through”.
Hy sing nog “I’d shiver”, met sy oë toe, en toe skielik, in hierdie breukdeel van ‘n oomblik, word alles stil, gaan sy helderblou oë oop, kyk hy na erens baie vêr, asem hy in, en voltooi hy die lied.
Wat hy in daai oomblik moes gedink het, weet ek nie. Party mense sê dis waar hy besluit het op selfmoord. Ander meen dis waar hy sy vrede gekry het.
Al wat ek kan sê is dat, vir ‘n baie kort oomblik in sy lewe, het Kurt Cobain byna soos ‘n sonstraal gelyk.

Volg Stemband op Twitter.