Stemband

Kings of Leon - going back down South

2010-11-03 16:30
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Stellenbosch. – As Kings of Leon se eerste albums na sweet, semen en bourbon geruik het, dan het hul vierde, Only by the Night, na ontwerpersparfuum geruik. Dít het nie met almal se musikale neusgate geakkodeer nie, terwyl ander nie genoeg kon kry nie.

Maar moenie dat dit jou afsit van hul nuutste album – Come Around Sundown – nie. Gebroeders en neef Followill is weer sweterig, en daar is ook die soet aromas van sonbrandmiddel en surfwax by.

Die album se eerste snit is “The End” (dis nie ’n cover van The Doors se epiese song nie). Laas toe ek ’n album gekry het waarvan die eerste song “The End” heet - My Chemical Romance se The Black Parade -  wou ek weke lank die strate invaar om anargie te saai (ek het nie, want ek is lui, maar dit is die idee wat tel).

So, dit het ’n groot verwagting geskep. “The End” skop af met so ’n strak trom-intro wat my baie herinner aan John Bonham se timmerwerk op Led Zeppelin IV se “When the Levee breaks” (nie heeltemal so brutaal nie, maar tog). Gevolglik was ek skaars nadat ek die Play-knoppie gedruk het reeds baie opgewonde. Dié entoesiasme het nooit getaan nie, en nou dat ek dié skryf, ’n week later, het ek skaars na iets anders geluister.

Die lead guitar het nog soms daai atmosferiese reukwater-waaib van die vorige album, maar oor die algemeen is dit weer eerlike rootsrock.

Daar is ’n duidelike hunkering terug na hul Southern rock-roots. Een van die songs heet immers “Back Down South” (met so ’n lekker fiddle!).

Dit is so bietjie stadiger as die eerste drie albums. Maar dit is nie een van daai Jack Johnson-ek-gaan-jou-nou-aan-die-slaap-sing affêres nie. Dit is meer so ’n babelaas luiheid. 

En dit pas by die lirieke, moontlik hul beste liriese poging tot dusver.

Nou kyk, vandat Only by the Night se “Sex on Fire” radio- en tv-golwe aan die brand gesteek het, het die album treffer ná treffer opgelewer.

Ek vermoed dit gaan nie die geval wees met Come Around Sundown nie (dalk word ek verbaas).  Mens kan hulle nogal op die skouer klop dat hulle besluit het om van die vorige album se suksesresep af te wyk en gedoen het wat hulle lus was om te doen.

“Give me something I can believe in,” sing Caleb op “No Money”.

“I got no money but I want you so.”

Ek dink dié een gaan deel van my persoonlike soundtrack word.

Eendag gaan ek voel soos hulle op “No Money” sing: “I cannot handle/ And all this pissing around/ Cut loose in this fucking town/ I aint coming back”.

Dán gaan ek vir my een van daai split-windscreen Kombi’s kry, my surfboards inpak, al langs die kus af patroleer vir afgeleë branders en saans op die strand bourbon uit die bottel drink (dié whiskey, darem).

En Come Around Sundown gaan een van die albums wees waarna ek dan gaan luister.

- Laaik Stemband op Facebook en kry al ons kief updates

- Wil jy skryf vir stemband? Stuur 'n mail met jou idee aan Stemband@nuus24.com.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.