Stemband

Groot gees rock steeds

2011-01-17 22:09
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Stilbaai - Dit is 27 Desember 2010, en ek voel lekker. Môreoggend sal ek onder ‘n tent-dak-ding op die vloer onder iemand se handdoek wakker word, maar vir nou is daar eers geesfees.

As ek so na die spul om my kyk, dink ek hulle voel ook goed. Al dreig die wolkgemors daarbo om enige oomblik te begin sweet. Al is hier sulke @#% dorings wat die idilliese somergees belemmer weens die onklaarheid wat jou kannie-kaal-voete aan die skets bring. Al weet jy die allerlieflike Jagermeister-meisies in die oranje baaibroekies se glimlagte en verleiderlike kwinkslae is leeg en nie aan jou as mens nie, maar jou as kliënt uitgedeel.



Orraait, genoeg van hierdie onsinnige gebabbel. Kom ons praat oor die show.

Dis Stilbaai, dis Avontoer, dis befok. 



Ek het helaas bietjie laat opgedaag en dus vir Wrestlerish en No One’s Arc gemis, maar darem so die helfte van Mr. Cat & The Jackal se show gesien. Kyk, dis moeilik om Mr. Cat & The Jackal se shows te probeer verduidelik. Hulle is moontlik die rockgroep met die meeste tierlantyntjies (van die verskeidenheid instrumente op die verhoog is die trekklavier die mees konvensionele) en tog met die rouste energie wat ek al gesien het.

Mr. Cat & The Jackal was saam met Glaskas, The Pretty Blue Guns en Die Tuindwergies (en natuurlik Wrestlerish en No One’s Arc) ongelukkig om slots vroeg in die middag te moes vul, toe die ondersteunerskorps nog skraps was. Maar dan, jy kan dit van enige van die groepe op die line-up sê en blykbaar was daar ‘n roteerbasis vir die toer. So dis moeilik om veel oor hul optredes te skryf – energie was daar beslis en die handvol lojale ondersteuners wat lyfgeruk het voor die verhoog het my hieraan laat dink:



...ek weet ook nie hoekom nie.

Met Zinkplaat se toetrede was daar al genoeg mense dat ‘n mens hulle “skare” kon noem. Dis hier waar die line-up begin bons het – Zinkplaat het uit hul (wye) repertoire net die regte kombinasie ingespan om aan die fees se naam gestand te doen en die gees uit die hoed te pluk.  Ek vergeet nou die song se naam, maar “Op die heuwels waar ons bymekaar kom, hierdie aand is ‘n tydbom” is sekerlik ‘n temalied vir die Avontoer. As dit nie is nie, moet dit wees.



Want dis gepas, en die arms-omhoog-troepe heel voor sou dit beaam.

Tidal Waves was volgende, en ek het nie meer oortreffende trappe oor om hul optredes te beskryf nie. Ek het een keer probeer, in Rapport, maar dit vang dit steeds nie heeltemal vas nie... kyk, as jy dans met Tidal Waves , hang jy nie aan elke woord nie, jy hang aan elke noot en bliksem jou bonkige vakansieliggaam se vetselle oor die dekpuntgrens.



Die trekpleisters van trekpleisters was natuurlik die romantiese Afrikaans Superster rapper, Jack Parow. Die skare-turgiditeit het ‘n makimumpunt bereik toe sy beurt aanbreek, en Parow op stage is natuurlik Parow op stage, ping-pong oor die planke en ping-pong met die p-woord(e). Ek spekuleer egter graag oor of Parow nie maar ‘n band kan kry pleks van die alewige backtrack nie – nie dat daar per se iets fout is met die backtracks of die konsep (met noukeurigheid toegepas, natuurlik) nie, maar vat byvoorbeeld sy CD-launch verlede jaar – daar was gedurig collaborators op die verhoog, asook ‘n band, en dit het baie kleurrykheid aan die vertoning gelewer nie. Mens kan ook nou nie al jou collaborators die hele tyd saam met jou laat reis nie, maar dit hoef ook nie die een of die ander pool te wees nie. (Soos in, teenpole. Nie een of ander Poolse mens nie.)


Een of ander Poolse mens.

Isochronous was bitter tight en bitter indrukwekkend, al  het hulle nou weer die nadeel gehad om heel laaste aan beurt te wees. Dit sou by baie shows ‘n voordeel kon wees, maar die voorafgaande acts het die gehoor bietjie uitgeput, het dit geblyk. Dié wat oorgebly het, in elk geval. Op ‘n vakansiedorp soos dié wil die jongmense seker gaan skoffel laat in die aand. Of op die strand gaan sit. Watookal jongmense deesdae doen.

So, kortom, lankom, om-om, daar’s nie eintlik veel meer om te sê nie. As jy die Avontoer-gigs al bygewoon het, weet jy dis elke keer moerse lekker en dit sal vir ewig wees, vir soveel redes.

As jy nog nie het nie... waar was jy?

- Lees ook ons kollega's van Channel24 se Avontoer-dagboek.



- NS My kamera se battery het gesterf tussen Tidal Waves en Jack Parow, vandaar die gebrek aan foto’s van laasgenoemde.

- Wil jy vir Stemband skryf? Stuur 'n e-pos aan Stemband@nuus24.com
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.