Stemband

Dit is sewe-uur, en tyd vir Stemband.

2010-08-25 20:29
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

So, Stemband is nou amptelik op die lug.




‘n Mens mag dalk vra, hoekom?

Wel… dis ‘n goeie vraag. Ons is ook nie seker nie.

Ons het nie marknavorsing gedoen nie en ons weet nie regtig wat ons doen nie.

Maar kykhie, ‘n kommerwekkend hoë persentasie van ons dae gaan daarin om oor die local scene te stry en baklei en vry (met ander mense).

Teen vroegdag is die kernvraag iets soos of City Bowl Mizers of die Pretty Blue Guns beter opstaan-musiek is. (Gevolgtrekking – dit hang af wat jy die vorige nag gedoen en saam met wie jy wakker geword het).

Teen laatmiddag begin die alomteenwoordige, allesoorrompelende biersmagting al seer maak… sal Zinkplaat die inleiding vir ons kuiersessie wees, of die Heuwels? Of is albei eintlik net bedoel vir road trips? (Gevolgtrekking – nee, nie noodwendig nie, maar ‘n mens kan ook nie voorspel wanneer daai tunes en woorde jou in die buik gaan tref nie.)

Teen laatnag is Willim Welsyn en dies sulks die tequila in die shotglas, aKing is die classy bier en daai donker mengsel goed wat iemand in jou hand stop as ‘n strafdop, is.. Van Coke Kartel?

En dan’s dit al weer vroegdag. En dan moet jy seker ophou om jou metafore en argumente net rondom drank te bou.

Uhm…

Hier’s ‘n prentjie van ‘n beer wat op ‘n haai se rug ry.

Befok, né.

So die punt is, ons soek ‘n platform. Jy soek ‘n platform. Jy luuurv musiek, anders sou jy nie op hierdie site gewees het nie. Jy weet wie is cool en jy weet wie suig.

Oftewel, jy dink so (slinkse lag).

So hier is dit. Stemband is ‘n community wat deur Nuus24 ge-host word. En ‘n community is presies dit, ‘n gemeenskap waar ons mekaar kan ontmoet, opdonner, verlief raak (Herman is single), happysad raak, all to the tune of the almighty tune.

Ons launch met ‘n paar stories wat ons en ‘n paar kamerade opgedis het.

Die ex-expat Aletta Gardner skryf oor haar terugkeer na Suid-Afrika, ná ‘n prille jeug in Engeland, en haar summiere optrek na Oppikoppi.

Jan Gerber ondersoek hoe braakselsmeersel en Willim Welsyn verbonde is.

Wilken Calitz ontdek ‘n portaal na die verlede (of ‘n diep vreemde toekoms) by Kleinmond se bazaar.

Ons eie Liezl Temmingh pluk Foto Na Dans se nuutste uit die omhulsel en pomp die volume. Sy kyk ook New Holland se Kwaito-vibe uit.
 
Ons eie Herman Eloff se brein raak lam vir Ashtray Electric se nuwe projekte. En hy loop 'n Randomfakenpanda raak.

Ons eie Henry Cloete het nog nie eintlik enigiets gedoen nie, maar hy’s ook hier rond.

Kyk, dis net die begin. Ons soek jou stories, jou idees, jou foto’s. Dis soos om vir Rolling Stone te skryf, net baie meer so. Eksponensieël. Rolling Stonerder.

Hierdie is,weereens, net die begin.

Skryf! Reviews, gigs, herinneringe, vooruitsigte, emosies, o, emosies! Stuur foto’s, gesels, die forums gaan binnekort oopgegooi word en dan is die wêreld jou niknak.

Stuur jou goed na Stemband@nuus24.com. Onsselwers werk almal hier rond en soek afleiding. En harde kitare.

Geen Juanita’s of Juanita-tipes toegelaat nie. Dieselfde geld Nicholisse en basies enige kunstenaar wat net met ‘n voornaam funksioneer.

Hier’s ‘n hele klomp spif goed op pad… byvoorbeeld, ‘n studio diary van aKing (eksklusief vir Stemband) is in die pyplyn...

Die site se voorkoms sal ook evolve met tyd.

Da’sy, laat waai!

Henry Cloete, Herman Eloff en Liezl Temmingh.

(Die Stemband-span...dex)

PS check ook Stemband se facebook en twitter uit.

PPS innige dank aan Jaco Grobbelaar vir die kief logo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.