Die kanniedood-kultuur van groepies…
2010-09-29 13:47
In-diepte Verslae
Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.
By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.
Laurissa Vergottini (Stemband-gebruiker)
Groupies dateer terug na die geboorte van rockmusiek en dié fenomeneem het nog hoegenaamd nie gaan lê nie - en om eerlik te wees, dit gaan ook nie.
Daar lê te veel versoeking. Tequila, VIP-kamers, backstage passes en ondenkbare hoeveelhede drank, alles terwyl jy langs ‘n celebrity staan.
Dit is die assosiasie wat die sonnebok is. In ‘n musiekbedryf so toeganklik soos Suid-Afrika s'n, waar jy pelle kan wees met Francois van Coke en Koos Kombuis op Facebook, is dit al te maklik om jouself te vind reg in die middel van die kontroversiële stereotipe. Pasop. Jy mag dalk net teleurgesteld wees.

(AFP / Thomas Samson)
Alhoewel Suid-Afrikaanse musikante dikwels saam met die “normale” mense kuier by venues, is die kans dat jy boesemvriende met die person gaan word redelik skraal. Ek wonder baie aan die hoeveelheid mense wat iemand soos Jack Parow ontmoet. Bygesê, is ek nuuskierig oor hoeveel name en gesigte hy sal kan onthou.
Ek sê musikante nie sleg nie, dit is te veel om te verwag dat hulle met almal vriende kan maak. Shame. Dit moet erg wees om die “cool kid” status te hê. Te veel verantwoordelikheid vir my.
Daar is ‘n fyn lyn tussen groupie en ondersteuner. Ek herhaal. Baie fyn.
Ek het al te veel meisies en selfs ouens gesien wat ‘n bietjie te vriendelik raak met Suid-Afrika se rockstars. Ek moet bieg en sê dat ek ook al ‘n paar keer ‘n slagoffer was. Soos ek gesê het, die versoeking is partykeer net te veel. Ek het al op musikante afgekom wat regtig net hul voetjies vinnig op die aarde moet sit en ek het al tot 9h die oggend gekuier saam met ander. Dit is inderdaad ‘n vreemde verskynsel. As ‘n mens kyk na hoe sommige mense aangaan op die entertainment-kanaal oor bekendes in Amerika, is ek bly ons as musiekaanhangers kan die semi-normale geleentheid kry om saam ons sterre te mingle.
Ek was een aand by ‘n kuierplek waar ek, sonder dat ek weet, saam met een van die ouens van Die Heuwels Fantasties gekuier het (ek het nie meer DSTV nie, so ek sukkel om tred te hou) toe ek ‘n meisie opgemerk het. Sy was ‘n pragtige mesie, dalk was sy ‘n klein bietjie te veel gesuip, maar nietemin mooi. Ek hou haar dop soos wat sy na Hunter toe stap. Dadelik kon ek die spesie se kenmerklike gedrag sien. Oë wat sukkel om te fokus, ‘n onbekwame modelstap, en ‘n glimlag wat in ‘n bloufilm hoort.
Hier kom moeilikheid...

(AFP / Xavier Leoty)
Ek wou so graag vir haar sê “Don’t go there”. Helaas. She went there. Met haar hand op sy bors geplaas verduidelik sy vir hom dat sy lirieke haar wêreld verander het. Die arme man lyk wild ongemaklik. Daar was ‘n “akward silence” en Hunter het gesê “Dankie”. Wat het ek julle gesê van teleurstelling? Die meisie het stamina getoon en het vir die groep shooters gekoop.
Dit is toe dat ek besef die ou saam met wie ek kuier is ook deel van die Heuwels. Nou sit ek in ‘n dilemma. Ek het lekker gekuier saam met hom, maar plaas dit my nie in dieselfde kategorie as die groupie-meisie wat soos ‘n pleister plak aan Hunter nie? Ek vat die shooter en verdwyn badkamer toe.
‘n Ander idee wat vir my interessant is, is die groupies se benaderings. Alle musikante kan nie los wees met lae standaarde nie. Dit is seker menslik om te dink dat jy die uitsondering is. Wat dink hierdie meisies gaan gebeur? Trou? Kinders kry? My liewe mensies, teleurstelling wag op julle.
Neem kennis: Artikels wat op Stemband gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Stemband gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Stemband of Nuus24 nie. Stemband se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.