Die Antwoord - Myspace #1
2010-12-10 16:10
In-diepte Verslae
Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.
By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.
Henry Cloete
Kykhie, Myspace Music het hulle 30 top-videos van 2010 aangewys. In hierdie lysie pryk 30 Seconds to Mars, Deftones, Arcade Fire, Vampire Weekend en en en... so 'n klomp pop shit en 'n paar hipster/emo (hippo?) goeters.
Maar die mense van Myspace Music reken zef skop stof in al hierdie acts se eyeliner-oë. Check bietjie wat skryf hulle oor onse Antwoord:
"With “Enter The Ninja,” a bizzaro freak out that recalled the “Parents Just Don’t Understand” video, but on crystal meth, and “Zef Side,” a three-minute slice of alternate reality exploring the band’s origins, we get a remarkably comprehensive picture of the Die Antwoord aesthetic: Their sense of humor, where they come from and how that background has shaped their entire being."
Ensovoorts. Kyk die hele lysie en omskrywings hier.
Dis fokken lekker nuus om die jaar mee af te sluit. Hiermee vat Stemband ook 'n break. Maar nie voordat Gerber sy gevleulde woorde oor $0$, Die Antwoord se debut albuum, laat rol nie.
gooi Gerber, gooi gooi...
Die fokken Antwoord – Rolling with the $0$
NinJan Gerber
Stellenbosch. – Tjekkit. Dis p#$smoeilik om ‘n review oor Die Antwoord se vuilgebooste $0$ te skryf, my blaar. Hulle was since February op all over the interwebs… world wide!
En…
Wel, dit is die intro wat ek wou skryf, maar ek is nie zef genoeg om dié trant vol te hou nie. So, ek begin weer:
Ek het laasjaar, ag seker so Maart April se kant, die eerste keer Die Antwoord gehoor toe hul song saam met Fokofpolisiekar – Doosdronk – op die interwebs beskikbaar gestel is.
Aanvanklik het ek nie juis geweet wat om daarvan te dink nie. Is dit verheerliking van alkoholmisbruik en die gepaardgaande sosiale euwels en ‘n verskoning om ‘n klomp vloekwoorde saam te ruig, of is dit slim, ironiese sosiale kommentaar?
Nadat ek ná diep deurdrenkte beraadslaging met kamerade (dié whiskey, darem) op laasgenoemde besluit het, en uitgevind het Die Antwoord is die nuwe inkarnasie van Waddy Jones van Max Normal-faam, het ek so half van hulle vergeet. Later die jaar het ek so ‘n paar tracks van hul site op WatKykJy? afgelaai, en weer van hulle vergeet…
… En toe, Februarie vanjaar, ontplof hulle op all over the interwebs… worldwide! (ag fok, ek kan nie ophou met dié interwebs-ding nie.) Enter the Ninja se video ontketen ‘n storm - “Fok! This is like the coolest song I heard in my whole life…” – en wêreldwyd soek almal Die Antwoord.
Julle kén die storie. Tensy jy die afgelope 10 maande iewers diep in die Sahara saam met nomades op kamele rondgetrek het, hoef ek jou nie van Die Antwoord te vertel nie. Ek het nie ‘n opinie of insig waaroor nog nie geskryf is nie, en is te eerlik (en lui) om iets uit my duim te suig wat intelligent gaan klink.
Baie van die songs was reeds op die interwebs beskikbaar. As jy nog nie Enter the Ninja se video (link dit, seblief man henry) (okay Jan, ek moer dit sommer hier onder in - Henry) gesien het nie, het jy nie Youtube of MK nie. As jy Stemband lees, weet jy lankal al waaroor Die Antwoord gaan.
Jy het waarskynlik reeds ‘n opinie oor Die Antwoord gevorm. Nie dié poging tot ‘n resensie óf die album gaan jou opinie oor Die Antwoord verander nie.
Maat wat ek wel gaan sê is dit: $0$ sal jou gesig laat smelt. Of dít op ‘n goeie of slegte manier is, hang af van hoe jy oor die gebruik van die woord “p#@s” voel.
(Jammer guys, die p-bom is een van 'n paar woorde wat ons op die Nuus24-platform moet #%@ maak. Dit maak ons ook die #$!% in, maar onthou net die #%^$ is !@#% as jy dit @#!%!@ en %$^@!, amen - Henry.)