Bittereinder klets met Stemband
2010-11-11 12:56
In-diepte Verslae
Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.
By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.
Bittereinder word oralom beskryf as een van die varsste briesies wat Afrikaanse musiek in 'n lang tyd getref het. Henry Cloete het die hoofsanger/kletsrymer Jaco van der Merwe vasgetrek vir 'n paar vrae.
Henry: Hallo Jaco, hoe’s dinge?
Jaco: Hi Henry. Dinge is orals. Dis die einde van die jaar (my ritme is stukkend).
H: Vertel bietjie van Bittereinder se ontstaan, toe? Hoe het julle, wat almal al naam gemaak het in ander kreatiewe outlets, besluit om hierdie ding van stapel te stuur?
J: Die ding het maar heel natuurlik ontstaan. Ek het begin om Afrikaanse rympies te skryf in 2007, en vroeg in 2009 het ek Peach by Lollipop Roadhouse ontmoet en vir hom gevra of hy musiek wil maak wat pas by my lirieke. Ek en hy het saam in 2008 in Pole getoer, hy’t beats gemaak vir my Engelse slam-poetry stuff (Ajax), en hy’t ook shows as Yesterday’s Pupil gedoen. Ons twee het toe vir Louis approach om die visual kant van die band te voltooi, maar Louis se ongelooflike musikale talent het toe sommer onverwags ontplof gedurende die 20 maande van produksie aan die album. Louis en Peach het saam ‘n komposisie en produksie-ritme uitgekerf wat baie simbioties was. Meeste van die songs op die album kan eerlik aan altwee se bydrae gekrediteer word. Ons het al 3 al saamgewerk aan vorige projekte, en elkeen van ons het nog altyd baie gehou van wat die ander 2 doen, so hierdie stigting is vir ons al 3 baie lekker. Daar’s definitief 3 duidelike elemente aan bittereinder: die lirieke, die musiek en die kunswerk.

H: Daar’s nogal heelwat colabs op die eerste album – Parow, Tumi, Inge et al. Dis nogal ongewoon vir ‘n band om met hulle eerste vrystelling sulke groot name te kan trek – hoe het dit gebeur?
J: Ja, daar’s 6 gaskunstenaars op die album (7, as jy my susterskind Carintjie op die eerste snit ook tel!), en elkeen het sy/haar eie storie. Ek sal jou nou nie doodverveel met ‘n lang hoofstuk nie, maar ek wil graag groot klem plaas op “Slechte Mensen”, die snit met Tim Beumers, die Hollandse rapper van Rotterdam. Ons is baie trots op die feit dat dit die eerste Afrikaans/Hollandse rap-collaboration ooit is. Jack Parow het juis nou die dag ‘n song met ‘n Hollandse kunstenaar online gesit, maar vir die rekord (as die rekord ooit saakmaak) was ons eerste! Hoe dit nou ook al mag sy, meeste van die gaskunstenaars is goeie vriende van die drie bittereinder broers, en met die formasie van elke song het ons of van die begin af, of iewers in die skryfproses geweet ons wil die spesifieke kunstenaar benader om te sing/rap. A Tale of Three Cities se konsep het ek byvoorbeeld juis gevorm met daai twee rappers in gedagte, hulle altwee was daai tyd besig om met Peach te werk aan verskillende projekte. Inge is ‘n goeie vriendin van my en Peach, Richard (van Isochronous) en Peach is baie goeie buddies, en Sev Statik van New York is een van my helde. Ek het hom deur e-mail approach. Inge en Jack se dele is in Kaapstad record, Tumi in JHB (moontlik Australië, eintlik), Tim in Rotterdam, en Sev in New York. Richard het sommer by Peach gaan record. Daar skryf ek toe ‘n hoofstuk after all!
H: Ek het al een van julle persvrystellings gesien wat die tune Ware Verhaal as ‘n satiriese ondersoek deur ‘n Afrikaanse rapper punt. In hoe ‘n mate is dit satire, bedoelende, hoe verskil dit van bloot… wel, rap en ondersoek, soos dit veral klink uit die res van die album?
J: Goeie vraag. Deur dit bedoel ek nie ek’s stumped nie, net dis ‘n lekker een om te antwoord. Partykeer as mens lank babbel oor jou eie projekte klink mens inevitably bietjie conceited, maar ‘n vraag soos hierdie dring aan dat ek bietjie moet delve in die lae van die lirieke. Ek dink daai press-release het gesê “a satirical social commentary”, so die klem is meer op social commentary, maar ja, ek dink daar is ‘n sterk satiriese motif in meeste van my rap-skryfwerk, selfs my Engelse stuff. Ek dink ‘n groot deel van my plig, as mens dit so kan stel, as ‘n Afrikaanse skrywer/digter/rapper, is om eerlik te wees oor hoe ek voel oor die samelewing rondom my (ons doel met hierdie album was in elk geval nooit om kommersiele musiek te maak nie). Ek sou wou glo dat die satiriese element, in sy egste vorm waar hy die samelewing se “foute” en seerplekke en boggerops uitwys deur humor/ironie/terg/woordspeling/ridicule te gebruik, orals deur die album te vinde is, nie net in ware verhaal nie! Maar ek’s ook ‘n groot fan van goeie digkuns wat op baie maniere interpreteer kan word, so miskien is my satire nie brutaal genoeg nie. Ek haal ‘n paar reëls vir jou aan, uit konteks, maar hopelik sien jy wat ek meen:
“rympies wat seer en heel maak soos ‘n chirurg se snytjies”
“julle almal donner rond in julle veilige kastele”
die hele 2e vers van ware verhaal!
“trek jou eie kruisies en wees eerlik oor jou bangwees
die lang vrees van die laaste een is lankal in jou skaduwee”
die boodskappe van die slang & die arend (trots se doem) en die waarskuwing (‘n paar moontlike interpretasies, my gunsteling is ‘n waarskuwing teen ons samelewing se narrow-mindedness en prejudice wanneer dit kom by mense/dinge wat anders is as “ons”) is ook satiries as mens dit toepas op politicians, rassiste en ander narre wat elke dag in ons samelewing iets verskriklik stupid verskriklik hard sê.
“wat het ons geword? ‘n horde verneukers wat kla en alles blameer behalwe onsself
miskien is die skuld regtig al te diep ingedelf, en ek weet ek is dieselfde
‘n skynheilige stem wat saamswem in die modder
maar goeie donner ek sien nie meer een positiewe gedagte hier onder nie
‘blanke skaamte, jy weet nie wat jy doen, jy breek af aan alles wat ons versoen’”
“plus ‘n stem wat altyd alleen sing is eintlik nogal gevaarlik”
“ek’s nou nie eers sarkasties nie, jou stem is regtig kosbaar!
vasbyt, deurdruk, altyd perfek, ag nee wat, los maar…”
“ek kon sweer ek het jou iewers in die donker al gesien
met jou mond oop soos ‘n tikmasjien jou bloed vol nikotien”
“indien jy ook nie kan glo, verdien ons tog die antwoord
ek’s jammer julle maar daar kan net een antwoord wees”
“waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond
die tsotsi’s en polisie en ek op dieselfde grond”
“ek is uitgeput deur afgesaagde uitdrukkings
reënboë en 3Talk en facebook-uitnodigings”
“maar die wêreld verwag my, ek reageer altyd stiptelik
handskud en dadelik my gesigsuitdrukking verduidelik”
“Afrikaners is plesierig, ek glo dit my lewe lank
‘n bloedlyn van stywe drank, klim hoër in die boontjierank…”
“die roetinemasjiene wil my insluk en aflewer
maar ek spartel en skop soos ‘n spinnekop in hulle kele
ek wonder hoe gebeur dit dat hulle my selfoonnommer ken”
Anyway, ek dink ek skryf nou te veel.
H: Die lirieke en styl van die tunes verskil nogal (byvoorbeeld Almanak vs Wakkerword), maar in bykans elke lied blyk daar ‘n mate van worsteling te wees – soms kwaad, soms moedeloos. Hoe werk jou/julle skryfproses in hierdie opsig? Of is ek net in ‘n kak bui en soek worsteling in alles?
J: Seek and you shall find. Nee, dis definitief waar. Die een song se naam is sommer Penworstel (‘n speling op ‘n penwortel / worstel met ‘n pen, ek’s seker jy’t hom al gevang!), en “ek worstel met my land op die rant van die afgrond”. Ek dink dis onvermydelik, as mens eerlik wil skryf oor menswees, moet mens skryf oor en deur worsteling. Daar’s die heeltyd die kontras/verhouding/balans tussen hoop en moedeloosheid, geloof en logika, vrees en braafheid, liefde en apatie in elke mens (nie net as mens in ‘n kak bui is nie). Ek het onlangs, coincidentally, heelwat na Talib Kweli se album “The Beautiful Struggle” geluister, dog net ek mention dit want dis nou baie relevant. Nie sy beste album nie, maar goeie album titel! Dit klink nou bietjie hackneyed, maar selfs die skryfproses kan nogal ‘n worsteling afgee. Ek krap gereeld paragrawe en bladsye en song-idees uit. Die bladsy word sommer ‘n oorlogveld. Sjoe, inspire hierdie my nou vir ‘n lekker vet clichéd conceptual rap track oor liriekeskryf en oorlog. Nie regtig nie. Dankie dat jy sê ons songs klink darem nie almal dieselfde nie!
H: Wat is die inspirasie vir die kinderlike elemente aan die album? Ek dink byvoorbeeld aan die inleidingstrack van jakkals, leeu en perske, die liriek ‘soos ‘n kinderpartytjie wat wit hasies laat verskyn, behalwe dis grootmense wat nog lekker speel hier agter in die tuin,’ en van die koortjies soos Inge se chorus op wakkerword.
J: Wel, daai liriek was meer bedoel om uit te wys dat baie grootmense hulleself te gereeld soos kinders gedra, maar nou dat jy dit so stel met 3 voorbeelde is jy seker maar reg, daar moet tog ‘n kinderlike element daar wees! Nee, eintlik weet ek nie hoe om dit te antwoord nie. Ek het daai wakkerword koortjie eendag ge-neurie, sommer dadelik die eerste 2 reëls se woorde in my kop gekry, en toe vinnig dit op my foon record. Toe ek dit die eerste keer vir Inge sing het sy ook dadelik daarvan gehou. Die intro met Carintjie sou oorspronklik ‘n outro gewees het, maar toe stel Albert du Plessis voor hy moet sommer eerste kom, en ons dink hy was reg, dit werk beter aan die begin. Ek en Louis en Peach hou baie van buite speel, as jy iets daarin wil lees! Vir Louis se laaste verjaarsdag het ek vir hom 2 frisbees en ‘n parachute mannetjie gegee. Ek en hy speel ook Action Cricket vir ‘n span met die naam “Die Bliksemstrale”. En Peach is enige tyd game vir ‘n game.
H: Het ‘n mens ‘n doel of ‘n saak nodig om ‘n bittereinder te wees? Of kan mens so half drywend bittereindend ook wees?
J: As ek nou al die dele van jou (weereens ongewone [dankie vir dit!]) vraag moet saamstel in ‘n antwoord, sou ek sê: As jy vergeet het jy het ‘n doel, dan dryf jy mos maar net deur die lewe, dan wag daar sonder twyfel ‘n bitter einde vir jou. “Half-drywend”, however, is nou ‘n heeltemal ander ding! Maar op ons heel beste is ons almal tog maar net skynheilige stemme wat saamswem in die modder. Die naam Bittereinder het meer te doen gehad met die worsteling binne in myself tussen dink/skryf in Afrikaans en dink/skryf in Engels. My huistaal is Afrikaans, maar ek was in Engelse skole. Ander storie vir ‘n ander vraag vir ‘n ander onderhoud.
H: Wat is die oplossing tot al die wêreld se probleme?
J: Weereens los jou vraag my met vele moontlikhede om iets classics te antwoord wat my kleinkinders nog in bewondering sal herhaal, maar ek weet nie watter een om te kies nie! Ek kan gaan vir iets sporty soos “fietsry”, iets anatomical soos “boude”, iets nonsensical soos “fietsryboude”, iets doodernstig soos “Jesus Christus”, iets redelik ernstig soos “bittereinder”, iets patrioties soos “huisgenoot”, iets defeatist soos “doodgaan”, iets skouspelagtig soos “Oprah”. Ai, ek weet nie man. Koop net ons album, julle.