Stemband

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

2010-08-31 11:57
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Kurt: Minder spoeg, meer bloed?
Kurt: Minder spoeg, meer bloed?

Niemand kan Kurt Cobain daarvan beskuldig dat hy vals-vrolik en pretensieus was nie, skryf Hertzog Hardelewe.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

BobbeJan Gerber

Stellenbosch - Dit was net ná ‘n band wat ek nog nooit vantevore gehoor het nie – Voortvlugtend – se uitstekende set dat ek die aand se seremoniemonster, Pietman / Peter Mitchell, agter die verhoog raakgeloop het. Ek het hom eers nie herken sonder sy hoed nie. Hy sê toe hy dink Bob Dylan sit daar agter in ‘n donker hoekie met ‘n hoed en sonbril, knik en sê vir homself: “These guys can play…”


Die Bilton-mannekoor: Gerhard van Voortvlugtend, Bertie van Zinkplaat en Willim Welsyn. Foto: Bobbejan Gerber

En toe móés ek net His Bobness opspoor vir ‘n onderhoud. Ek tref hom aan in ‘n donker hoekie, met ‘n glas rooiwyn, ‘n kuil op sy kop en sy oë agter ‘n Wayfarer-sonbril. Hy dra deesdae so ‘n dun snorretjie bo sy bo-lip (want waar anders dra mens ‘n snor?). Hier is die transkripsie van die onderhoud wat gevolg het:

JG: Hei! Bob! Hoeganit, bra?

BD (glurend oor sy Wayfarer-sonbril): You gotta a lot a nerve, to say you are my friend.

JG: Skiestog… Mnr. Dylan, um… So, wat dink u van die gig?

BD: Don’t think twice, it’s all right.

JG (verwonderd, want Bob Dylan praat met hom): Jirre, maar jy, ek meen u, hang ookal van die 1960’s af by dié tipe goed rond. Raak jy nie te oud hiervoor nie?

BD (vat eers ‘n slukkie rooiwyn): Ah, but I was so much older then, I’m younger than that now.

JG: Is u tevrede met hoe u songs ge-cover word?

BD: Well, anybody can be just like me, obviously. But then, now again, not too many can be like you, fortunately…

JG (besef Bob voel nie besonder spraaksaam nie en kyk grootoog rond en vee verwese deur sy kuif): Ummmmm…

BD: Kick your shoes off, do not fear, bring that bottle over here…

JG (gee ’n bottel Bilton Matt Black aan): Enige iets wat jy vir Stemband se lesers wil sê?

BD: Keep a clean nose, watch the plain clothes, you don’t need a weatherman to know which way the wind blows.

JG: Ok, thanks! Geniet die res van die gig. Ciao!

BD: Here is your throat back. Thanks for the loan.

Goed. Dié onderhoud het dalk nie plaasgevind nie. Maar dis nie die punt nie. Al was nie Bob Dylan of Bob Marley Vrydagaand teenwoordig nie, wás daar ’n groot GEES. 


Ryno Velvet. Foto: BobbeJan Gerber

Die aand se sukses was dalk in die eenvoud van die plan: Sit ’n klomp befokte musikante in ’n befokte venue en sê vir hulle hulle kan enige song deur of oor ’n Bob doen.

En dan was daar nog baie mense ook om dit geniet.

Enigiemand wat dink die Bobs is ou nuus, voordat jy na Justin Bieber gaan luister, dink hieroor: Van al die kunstenaars op die verhoog was net Dale Collins en Vernon Swart waarskynlik al gebore voor Dylan elektries gegaan het. Die gehoor was grootliks ook ná Blood on the Tracks se uitreiking in 1975 gebore.

Uiteraard was ’n sekere Robert Zimmerman, beter bekend as Bob Dylan, se songs in die grootste dosis toegedien.
Nie ’n slegte ding nie, maar Bob Marley sou dalk so ’n bietjie afgeskeep gevoel het. “No woman, no cry”, “One Love” of “Redemption song” is nie gehoor nie. So gaan dit maar.

As ek reg onthou was daar net een song oor ’n Bob – Ralph McTell se “Zimmerman Blues”, uitgevoer deur Etienne Terblanche en sy neef Kaalvoet.

Ek het nog nooit van Bob Johnson of Bob Plant gehoor nie, maar ek is seker die ooouuuu bluesman Robert Johnson en Led Zeppelin se Robert Plant sou tuisgevoel het in die geselskap van die “regte” Bobs. Basson Laubscher het met ’n Johnson nommertjie verbysterende goed met ’n akoestiese kitaar en bottelnek aangevang. En Ryno Velvet het gatgeskop met Led Zep se “Whole lotta love”.


Basson Laubscher. Foto: BobbeJan Gerber

Willim Welsyn het onder meer die Ierse volksliedjie “Danny Boy” gedoen. Hy het gereken iewers sou ’n Bob die song gesing het, en volgens Google het ene Bob McGrath  dit gedoen. My eie intensiewe navorsing  het onthul dié einste Bob McGrath het ook verskeie kinderalbums opgeneem en was jare lank op Sesame Street (en hier is jou lukrake feit vir die dag).

Daar was ’n paar dapper song-keuses. Zinkplaat se Beer Adriaanse het sy tromstel vir ’n akoestiese kitaar verruil om Dylan se “Oxford Town” te sing en Johannine en Mandi Lizamore Dylan se “With God on our side”.

Nou, toe Johannine op die verhoog verskyn het almal wat hom al gehoor het met groot oë onder mekaar gefluister: “Dié ou is befooook.” (Goed, dit was hoofsaaklik ek). Hy het nie heeltemal aan die verwagtinge voldoen nie, maar “With God on our side” is regtig ’n moeilike song om nie op te fok nie. Hoor net hier watse katte het Bob homself en sy girlfriend van daardie dae, Joan Baez, met die song geslag. En Johannine en Mandi Lizamore se stemme pas baie beter bymekaar as Bob en Joan s’n, glo my.

O, Mandi het pienk hare.


Mandi Lizamore. Foto: BobbeJan Gerber

Dane Taylor en New Holland se Gerdus en Buckle het ’n baie interessante verwerking van “Leopard-skin Pill-box Hat” gedoen. Hulle het ook die mense se voete laat jeuk met ’n  baie lekker Marley-cover (“I shot the Sheriff” as ek reg onthou).
Bertie Coetzee van Zinkplaat het “Tangled up in Blue” se lirieke so bietjie vergeet. En deur die aand is daar ook ’n paar “veranderinge” aan verskeie lirieke gebring.  Toe amper almal op die verhoog klim en “The Hurricane” sing is ’n paar versies uitgelaat en ’n paar herhaal.

Maar ek sal hulle dit vergewe. Ek kan nie onthou watter songs Die Einstes en Voortvlugtend gedoen het nie (dié whisky, darem). Ek kan wel onthou dat ek daarvan gehou het.

Ek wil sê dit was ’n onvergeetlike gig, maar ná bogenoemde paragraaf sal niemand my glo nie.

Maar die aand het my weggevoer “through the smoke rings of my mind, down the foggy ruins of time, far past the frozen leafs, the haunted, frightened trees, out to the windy beach, far from the twisted reach of cra-a-a-azy sorrow”.


Basson Laubscher tune sy acoustic. Foto: BobbeJan Gerber
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.