Stemband

Bakgat!2-klankbaan is… wel, bakgat

2010-10-06 13:13
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Ek moet seker begin deur te meld dat ek nog nie Bakgat!2 gaan kyk het nie.

Dis nie oor enige spesifieke afstotingskrag of iets nie, ek kom bloot nie dikwels by die bioskoop nie.

Wel, miskien is daar ‘n afstotingskrag – doodeenvoudig, ek het die voorprent gesien en dit lyk baie, baie snaaks, maar sedert ek die nagmerriewekkende 2002-fliek Ken Park gekyk het (dit is tog aan te bevele), vermy ek flieks wat masturbasietonele bevat.



Ek beplan tog om oor hierdie fobie te kom en die film te gaan kyk. Mense sê dis cool.

Goed, wat die klankbaan, uitgegee deur die Supra Familias-platemaatskappy, betref – daar is iets wat hierdie versameling liedere uitsonder van die res. Om mee te begin, daar is drie spiksplinternuwe liedjies daarop.

Die mees imposante van die drie is beslis Die Heuwels Fantasties se nuutste, Doodgewone Aand. Ek het die video ‘n rukkie terug hier resenseer en toe voorspel dat die lied op ‘n mens sal groei. Die profesie het waar geword – dit is bepaald anders as die Heuwels se vorige werk, en juis daarom vat dit ‘n rukkie om kake te slaan, maar dis een van daai’s wat as ‘n opstaanlied of ‘n gaanslaaplied kan werk.

Die tweede nuwe lied op die album is die brit Simon Schofield se You.

Dis maar ‘n flou poging. Daar is niks wat dit onderskei van liedere in dieselfde genre nie… om die waarheid te sê, dit klink soos iets wat ‘n aanhanger vir Robbie Williams sou stuur om te hoor of hy dit nie dalk sou wou sing nie. "I can’t fly/with broken wings/whatever I try/no matter how high…"



Komaan, Simon. Probeer harder.

Die laaste nuwe lied vir die album is Cherie van der Merwe, wat ook die rol van Katrien Swanepoel in die film vertolk, se weergawe van Laurika Rauch se Stille Waters.

Nou, vir my is die basiese reël van cover versions dat dit iets nuuts moet toevoeg. Dink maar aan Van Coke Kartel se weergawe van Maniac, of Travis se cover van Britney Spears se Hit me baby one more time. Dit moet in sigself ‘n nuutskepping wees… anders, wat’s die punt? Einste Britney het nog so ‘n vrot weergawe van Joan Jett se I love Rock n Roll gedoen. Noot vir noot en woord vir woord dieselfde. Net way meer sucky.

In elk geval, Cherie se weergawe van Stille Waters is een wat niks nuuts tot die lied bydra nie. Tog is haar stem seepglad en soepel en is die weergawe nie net pragtig nie, maar ietwat verleiderlik. Dit mag dalk egter ‘n tydjie neem om, in die opsig van verleiderlikheid, Laurika se lyf in jou geestesoog met Cherie s’n te vervang, aangesien die weergawes so eenders is.

Wat die res van die versameling betref – daar is ‘n allemintige 17 liedjies wat daarin opgeneem is. Die twee faktore wat uitstaan met betrekking tot die gehalte van die versameling is (1) balans en (2) vordering.



(1) Balans – ‘n hele paar bekendes se treffers is op die album, die’s wat ons al oor en oor en oor gehoor het. Van Coke Kartel se Voor ons Stof Word is een van die’s, asook Gazelle se Die Verlore Seun. Heelwat minder bekende stemme sluip egter ook in… hoewel hulle beslis nie onbekend is nie, kan ‘n mens net juig oor erg onderskatte groepe soos Die Ryno Velvet Band en Marsmoeras en Sean met die Bril wat groter blootstelling gaan geniet met hierdie album.

(2) Vordering – ons vergeet al te dikwels dat dit maar ‘n paar jaar gelede is wat die MK-kanaal die deure vir Afrikaanse rock oopgemoer het deur ‘n toeganklike en wydgekykde platform te skep. Dit is ‘n riem onder die hart en ‘n boontjierank in die brein om te sien hoe groepe soos Ef-El en Glaskas se vermoëns gevorder het sedert hul vroeëre pogings – einste Glaskas het twee tracks op die versameling, naamlik Golflengte Verkeerdom en Bring Maar Nog.

Kortom, hierdie is ‘n versameling om te koester, een wat met goeie smaak en duidelik met puntenerige kieswerk saamgestel is.

Bakgat.

- Laaik Stemband op Facebook en kry al ons kief updates.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.