Stemband

Baardgroeimusiek uit Skelmbos: Stepdog

2010-10-15 08:41
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Stellenbosch - Die jirre weet, ek het al deur kak opening acts gesuffer – veral jocks wat hulself met Prime Schmircle verwar verdien ‘n ekstra warm plekkie in die hel. 

Dit gebeur dus min dat mens teleurgesteld is wanneer die opening act verby is, veral wanneer ‘n band soos aKING headline. Maar dit is wat verlede Woensdag gebeur het toe Stepdog vir aKING geopen het in die Klein Lib.


Foto: Jan Gerber

Nou kyk, aKING was die afgelope tyd so gereeld in Stellenbosch mens kan hulle al vir akkerbome in Vicrtoriastraat aansien. Daarom gaan ek nie nou oor hulle skryf nie, want ek het in elk geval niks nuuts oor hulle te sê nie.

Maar wag, terug na Stepdog! Hulle is ‘n bebaarde trio bestaande uit Jonathan Velthuysen, Zinkplaat se Beitel van der Merwe op bas en Jean Labuschagne op tromme.

Jonathan het al as Johannine opgetree en mense vroeër vanjaar by Raka beïndruk. Maar nou het hy die akoestiese kitaar vir ‘n Ibanez hollowbody (Hoe sou die taalkabouters dit vertaal? Hollyf?) en Tele verruil. En hulle rock. Op ‘n manier wat my laat spyt kry dat ek die vorige Saterdag my baard afgeskeer het.


Foto: Jan Gerber

Nou kyk, ek dink dit is lui musiekjoernalistiek om bands se klank met ander bands te vergelyk, maar ek is ‘n besige man (dié whiskey, darem) en daarom die volgende uittreksel uit ‘n review wat ek minute vantevore vir KampusBurger geskryf het:

Ek haat dit om bands met ander bands te vergelyk, maar ek moet hier ‘n Kings of Leon-vergelyking tref. En dis nie net in Jonathan se hees, nasale hooikoors-stem (wat hy met toegeknypte oë inspan asof sy lewe daarvan afhang) nie. Dis ook in die lewendige rhythm section en hele vibe (hier praat ek nou van vroeë KoL). Maar dit wil nie sê hulle is onoorspronklike poseurs nie. Daar is meer as genoeg verbeelding en oorspronklikheid om my naarstigtelik te laat uitsien na die volgende kans wat ek kry om hulle live te sien.


Foto: Jan Gerber

Daar was een song wat so ‘n reggae beat gehad het. En ‘n ander song het my herinner aan ‘n musiekstyl wat iewers in die kronkels van my brein verdwyn het. Dit was moontlik bluegrass of hillbilly of iets.

Watokal.

Dit was awesome. 

En dan het hulle afgesluit met “Angie”. Dit is die song wat my aandag op die interwebs getrek het en die moeite laat doen het om Klein Lib toe te gaan (soos ek sê: aKING, was die afgelope tyd gereeld op Stellenbosch).

Tjek die video hier.  En nee, dit is nie ‘n cover van die Stones se classic met dieselfde naam nie.
 
Op Facebook beweer hulle hul album kom vroeg volgende jaar uit. En dan is hulle nou op pad Pertoriô toe. Tjekkit yt. En groei ‘n baard.

(behalwe as jy ‘n chick is, want dit sal net weird wees.)


Foto: Jan Gerber

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.