Aweh, is Valiant emo?
2010-09-30 15:21
In-diepte Verslae
Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.
By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.
Herman Eloff
Daar is een gemene faktor wat ons almal verbind, besef ek vanoggend eerste ding toe ek my oë oopmaak.
Daardie gemene faktor is musiek.
Al wat beter is as dit, is goeie musiek natuurlik.
Deesdae is ek op ‘n journey op soek na die goeie musiek. Die goeie musiek wat verby labels en fotosessies en interviews en al daardie kak strek. Man, daardie musiek wat iets hier binne in jou borskas laat gebeur en jou bloed laat vloei.
Tydens een van hierdie soul searching journeys pak ek en ‘n paar vriende die pad Melkbosstrand toe aan. Is eintlik net ‘n klipgooi van die stad af.
Daar reg langs die strand is die Seaside Blues-restaurant. Hier kan jy aandete enjoy terwyl die see keer op keer op die strand uitspoel en goeie musiek die prentjie perfek afrond.
Hierdie spesifieke aand is dit Valiant Swart se beurt om die crowd te entertain. Ja, ek ken Valiant. Maar ek vermoed ek moes ietwat van hom vergeet het.
In my boekies was hy soos die Koos Kombuise. Jy weet, oor die muur en klaar en verby. (Is, Koos het selfs die ander dag getweet dat hy te oud raak hiervoor)
Ek blameer die boeremusiek-fase waardeur Valiant gegaan het. Hy en oom Ollie het mos saam musiek gemaak vir ‘n ruk. Hats off vir oom Ollie, maar dit was nie die Valiant wat ek leer ken het nie. En toe die televisiereeks waar hy so op die motorbike rondgejaag het.
Nee, nee. Ek het besef Valiant moet hou by die blues. Dit is sy thing man. En hy doen dit fokken goed. So min lus as wat ek vir Valiant daardie aand was, so baie het ek dit toe aan die einde geniet.
En Valiant lyk nog bloedjonk en sy stem is nog beter as ooit en hy drink die shooters wat die crowd vir hom koop en cheers op elkeen van ons.
En Valiant kan praat. Ek het nooit geweet nie. Hy kan lang stories praat. So, vertel hy van die dag wat hy in die boekwinkel staan en deur tydskrifte blaai. Hy dra ‘n skinny jean en ‘n T-shirt. Langs hom staan ‘n jong girl wat hom duidelik uitcheck.
Sy try oogkontak maak, maar Valiant weier. Dit is net kak soek. Dan tik sy hom op die skouer.
“Aweh,” sê sy.
“Hi,” sê hy.
“Is jy emo?” wil sy by hom weet.
“Nee, ek is Valiant. Emo is iemand heeltemal anders.”
Só het sy stories aangegaan tot na middernag.
Valiant vertel van die Mississippi. Van hoe die kerkmense op die vloer neerval en aan die ruk en bewe gaan, elke keer as hy sê hy is van Afrika. Hierdie wit boytjie is “one of our people” gil hulle tussendeure die rukslae.
Die hele gig was soos om saam met ‘n paar buddies om ‘n kaggelvuur te sit en kuier. En iemand jam op die kitaar en iemand vertel van hulle adventures duskant die Delta.
Ek het bietjie vergeet, maar Valiant is actually very good.
Volg Stemband op Twitter of Facebook of altwee.