Stemband

Arcade Fire brand in die suburbs

2010-11-03 17:08
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Wie is Moses Metro Man?
Wie is Moses Metro Man?

Moses Metro Man, die nuutste Afrikaanse groep van Potch, vertel hoeveel geduld en McDonald’s burgers dit vat om ‘n album op te neem.

Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…
Be-Bob-a-lula, Bob’s yer uncle…

By die Matt Black-sessions en DPK se Bob en sop-aand het veral een Bob dinge oorheers, soos BobbeJan Gerber uitgevind het.

VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary
VIDEO: The Lottery Tickets - Mercenary

Hier is die video vir The Lottery Tickets se song, Mercenary. Ons reken dit is topklas. Wat dink julle?

Kanadese word nie in die algemeen beskou as die mees opwindende baanbrekers in die gebied van musiek nie – die land wat vir ons Célene Dion, Bryan Adams en Justin Bieber gebring het is party maal stillerig op die kultuur grond.

Okay, daar’s Leonard Cohen wat maar die land se ‘saving grace’ was wat musikale reputasie betref... tot die draai van die millennium.

’n Groep musikante het kort ná 2000 ’n EP in Montreal vrygestel genaamd Us Kids Know – en die wêreld het nie geweet wat kom nie. Fast-forward na 2008 en ek staan in die Brixton Academy in Londen met my mond oop en my verstand betower, soos ek die skouspelagitge Arcade Fire vir die eerste keer met my eie oë gewaar.


Foto: AFP

Hulle tweede album, Neon Bible, het toe pas uitgekom, en ek was op daardie stadium redelik onlangs eers voorgestel aan hulle epic song “Rebellion (Lies)”.

En ek het ’n paar YouTube videos gesien, maar niks kon my rerig voorberei vir die onstuimige cool nie.

En toe verstaan ek hoekom hulle al roem verwerf het vir opvoerings waar die band bos gaan soos ’n wilde dier met hondsdolheid en hulle fans in euforiese ekstase laat, amper asof dit ’n geestelike ondervinding was. 

The Suburbs is Arcade Fire se hoogs “anticipated” derde album. En ten spyte van die hoë verwagtinge wat hulle kweek het hulle natuurlik nie teleurgestel nie.

Die nuutste album speel verder op ‘n tema wat al van die begin af in die musiek opduik. Ons gaan op ‘n nostalgiese reis terug, en soms kyk ons oor die skouer, na ‘n voorstedelike kindertyd in die tagtiger- en negentiger jare.

Maar mens voel hierdie is die eerste keer wat hulle amper eksklusief daarop konsentreer.

Soms gaan draai dit naby sentimenteel, en op ander tye is jy nie seker of daar ‘n element van afgryse is wat deur die tema spook nie.

Nietemin is die album se klank baie toeganklik – meer so as 2007 se briljante Neon Bible – wat ‘n baie meer somber gevoel gehad het en elemente van die ontnugterende realiteite van lewe in Amerika tydens die Irak-oorlog opgetel het.

Die eerste song en titelsnit The Suburbs skop die CD af met ’n heerlike, sorgvrye maat en gevoel wat die fasade van vrede - nes die voorstede - voorgee en jou inlok in ‘n wêreld wat nie altyd so perfek en onskuldig is as wat dit blyk nie.

Met “Ready to Start” en “Modern Man” begin jy al die 80’s invloed sterk voel. Maar dis nie ‘n geforseerde ‘synth’ geraas nie – eerder asof iemand 2010 met 1985 in een of ander time machine experiment ge-fuse het. The Cure en The Smiths skemer deur en laat my dink aan toe my ouer broer se Duran Duran blow wave rêrig cool was... nie iets om oor in jou mou te lag in retrospek nie.

Met “Rococo” kyk ons na die lewens van hedendaagse tieners wat dalk maar altyd meer sinloos lyk as jou eie: “Let’s go downtown and watch the modern kids… they will eat right out of your hand, using great big words they don’t understand.”

Met “City with No Children” is ons weer amper by “Neighbourhood #1 (Tunnels)” van hulle eerste vollengte album, Funeral, waar Win Butler die woorde sing wat mens bybly:
 

Then we tried to name our babies,

but we forgot all the names that,

the names we used to know.

But sometimes, we remember our bedrooms,

and our parents’ bedrooms,

and the bedrooms of our friends.

Then we think of our parents,

well what the hell ever happened to them?!


Foto: AFP

Die merkwaardige ding is dat die herroeping van tiener 'angst' wat so baie rock bands op fokus hier op ‘n totale ander manier benader word. Onthou Smashing Pumpkins se Melon Collie and the Infinite Sadness – en hoe die album beweeg tussen harde, kwaai geraas en stralende, pragtige songs met strykinstrumente – maar minus al die gekerm daaroor tussendeur. The Suburbs is soos om te blaai deur ’n verbleikde ou stapel foto’s van jouself wat geneem was toe jy nog te klein was om die oomblik te onthou. (En te weet jou kinders gaan nooit dieselfde doen nie.)

Maar die landskap wat geverf word, is een waarmee enigiemand wat in die voorstede grootgeword het kan identfiseer, al voel jy soms asof jy op ’n reusagtige ysberg dryf in ’n koue, stil Arktiese see. Dan is ons weer in die straat waar ons speel, of agter die inkopiesentrum waar ons as skaam maar stoute tieners uitgehang het. En iemand sing dat hulle nie mooi verstaan wanneer hulle grootgeword het nie.

In “Suburban War” sing Butler: “You said the past wont rest, until we jump the fence and leave it behind...  Now the cities we live in could be distant stars and I search for you in every passing car.”

’n Lewe wat agtergelaat is, spook hier.

“Deep Blue” is een van my persoonlike hoogtepunte waar hulle weereens hulle talent om onvergeetlike songs te skryf demonstreer; en teen “Sprawl II (Mountains Beyond Mountains)” verras Butler se mede band-member en vrou, Régine Chassagne, met ’n opwindende, sterk song wat my herinner aan die Sweedse elektro-pop groep The Knife.

The Suburbs is ’n genotvolle reis wat jou laat onthou hoe dit voel om na ’n album te luister wat doelbewus gemaak is om van begin tot einde te ervaar. Epic.

En dis daarom dat ek hulle smeek om te oorweeg om ’n draai in Suid-Afrika te kom gooi. Ek sal so ver gaan as om te se van al die bands wat ek al gesien het tydens ’n dekade in die VK was Arcade Fire my gunsteling.

En soos ’n desperate mens wat blootgestel word aan ’n kultus, is daar geen ontsnapping nie. Ek het tot dusver nog nie terug gehoor nadat ek ’n klippie in die bos gegooi het met ’n epos aan die band oor ’n moontlike Suid-Afrikaanse toer nie. Maar wie weet. Stranger things have happened.
 
“Grab your mother’s keys, we leave tonight.” 

- Laaik Stemband op Facebook en kry al ons kief updates

- Wil jy vir Stemband skryf? Stuur 'n mail met jou idee aan Stemband@Nuus24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.