Super Rugby

’n Groen-en-Goue kans

2010-03-05 09:57
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd
Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd

Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - Is ’n ontydige toets teen Wallis in Cardiff ’n week ná die Super14-eindstryd nét die kans waarvoor ’n speler soos die Stormers-flank Francois Louw dalk wag?

Suid-Afrikaanse rugbybase is geroskam oor hul besluit om nog ’n toets op 5 Junie op die program in te pas, maar die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, kan dit tot sy voordeel aanwend deur sy diepte uit te bou met die oog op aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.

Dit is nie nét ’n wetenskaplike opinie dat dieselfde spelers nie deurentyd kan speel nie, maar óók dat Suid-Afrika sy diepte móét uitbou.

“Onthou dat die Springbok-groep nou vier jaar ouer is. Hulle (die spelers) sal nie weer vir ses wedstryde in ’n ry (in ’n Wêreldbeker-toernooi) die pyp kan rook nie. Suid-Afrika sal diepte móét bou en nog 8 tot 10 spelers vind wat in twee wedstryde in die toernooi kan speel,” het die sportwetenskaplike prof. Tim Noakes onlangs in ’n onderhoud met Sport24 gesê.

Dit beteken De Villiers kan vanjaar se 14 toetse tot sy voordeel aanwend as Noakes se raad toegepas word.

Terselfdertyd moet staatmakers en gereelde uitblinkers wat hulle nie tussen die gekontrakteerde Springbokke bevind nie, die kans aangryp om vir Suid-Afrika ’n betekenisvolle tweede linie te gee. Top-Bokke wat oorsee vir hul klubs uitblink, kan maklik ook in berekening kom.

Louw (24) was ongelukkig om nie in November 2009 saam met die Springbokke na Europa te toer nie, maar al wat hy kan doen, is om te volhard met die goeie vertonings wat hy week ná week lewer.

“Ek fokus maar op my eie spel en poog om elke seisoen te verbeter. Of jy vir die Bokke gekies word, sal van jou vertonings afhang,” sê Louw.

Wat môre se kragmeting met die Highlanders op Nuweland betref, meen Louw die Stormers se groot uitdaging is om hul kanse beter as teen die Brumbies te benut.

“Die fokus gaan op uitvoering wees. Ons het beslis verlede naweek ons kanse gehad, so afronding is uiters belangrik.

“Ek dink ook nie ons het voldoende die opsie van ons voorspelers gebruik nie. Ons het gepoog om uit ons eie helfte te hardloop eerder as om vir die hoeke te mik en rolmaalbewegings van dáár van stapel te stuur.”

Louw meen die strenger toepassing van reëls het sy taak moeiliker as vantevore gemaak. “Dis beslis besig om aanvallende spanne te bevoordeel. Dis moeilik vir die verdedigende span om sy hande op die bal te kry, laat staan nog om omkeerbesit te wen. Baie strafskoppe word afgestaan en ons sal moet aanpas.”

Louw verwag die All Black-losvoorspeler Adam Thomson sal taai teenstand bied. “Hy gaan beslis lastig by die afbreekpunte wees.

“Hy gaan poog om ons bal stadig te maak en te steel,” sê die staatmaker.

Dis van “kritieke belang” dat die Stormers weer op die wenpad kom ná die nederlaag teen die Brumbies. “Ons het onsself in die steek gelaat ná ’n puik vertoning teen die Waratahs.

Die Highlanders se beginspan is onveranderd van die een wat die Cheetahs geklop het.
 

- Die Burger

Lees meer oor: super14  |  stormers  |  springbokke

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

pierre.fourie.37 sê... Ek glo jou ook Wayne!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.