Zac Guildford in alkoholprogram
2013-01-28 12:58
In-diepte Verslae
Die Rebels het wéér vir 'n skok gesorg toe hulle die Waratahs vir die eerste keer in die geskiedenis van die Super-reeks geklop het.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Christchurc – Die Nieu-Seelandse vleuel Zac Guildford het hom uit die Crusader-span onttrek nadat hy onderneem het om 'n program vir alkoholverslawing by te woon.
Die 23-jarige was vroeg in Januarie in 'n ernstige alkoholverwante voorval by 'n huispartytjie betrokke.
En Guildford het die afgelope 18 maande drie keer voor die Nieu-Seelandse rugbyunie (NZRU) se tugkomitee verskyn.
Die NZRU het in 'n verklaring bekendgemaak dat hy 'n intensiewe behandelingsprogram sal bywoon om sy persoonlike kwessies op te los.
"Ons werk saam met die spelersvereniging en Zac se bestuurder om te verseker dat hy die professionele hulp kry wat hy benodig en om te verseker dat hy verantwoordelik gehou word vir sy optrede," het die uitvoerende hoof van die NZRU, Steve Tew, gesê.
"Zac se onttrekking beteken dat die Crusaders nou daarop kan fokus om vir die 2013-seisoen voor te berei en hy sal terselfdertyd kans kry om sy persoonlike kwessies uit te stryk."
"Ons sal sal met hom in verbinding bly en sy vordering monitor. Die kwessie van wangedrag sal op 'n gepaste tyd aangespreek word."
Volg Nuus24 op Twitter.
– Keo