Yster-senter terug vir Chiefs
2011-03-16 11:48
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Hamilton - Die All Black-senter Richard Kahui maak Vrydag sy eerste verskyning in vanjaar se Super Rugby-reeks wanneer hy vir die Chiefs in hul wedstryd teen die Sharks uitdraf.
Die 25-jarige Kiwi vervang Dwayne Sweeney in die nr. 13-trui nadat hy vir ses maande op die kantlyn was weens 'n skouerbesering.
"Die Sharks is tans 'n baie groot uitdaging vir ons," het Chiefs-breier Ian Foster tydens die spanaankondiging gesê.
Die Chiefs kon vanjaar nog net een van hul vier wedstryde wen. Daarteenoor spog die Durbaniete tot dusver met 'n onoorwonne rekord in vanjaar se Super Rugby-toernooi.
Vrydag se kragmeting sal ook een van die wedstryde wees waar die Sharks se Stefan Terblanche (35) nie die oudste speler op die veld is nie.
Die oud-All Black Tana Umaga (37) is weens sy huidige spelpeil met 'n plek in die Chiefs se beginspan beloon.
Chiefs: 15 Tim Nanai-Williams, 14 Lelia Masaga, 13 Richard Kahui, 12 Tana Umaga, 11 Sitiveni Sivivatu, 10 Stephen Donald, 9 Brendon Leonard, 8 Liam Messam (kaptein), 7 Tanerau Latimer, 6 Scott Waldrom, 5 Isaac Ross, 4 Craig Clarke, 3 Nathan White, 2 Hika Elliot, 1 Ben May.
Plaasvervangers: 16 Aled de Malmanche, 17 Sona Taumalolo, 18 Romana Graham, 19 Fritz Lee, 20 Taniela Moa, 21 Mike Delany, 22 Dwayne Sweeney.
Sharks:
15 Louis Ludik, 14 Odwa Ndungane, 13 Stefan Terblanche, 12 Meyer Bosman, 11 Lwazi Mvovo, 10 Patrick Lambie, 9. Charl McLeod, 8 Ryan Kankowski, 7 Willem Alberts, 6 Keegan Daniel, 5 Alistair Hargreaves, 4 Steven Sykes, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 John Smit (kaptein)
Plaasvervangers: 16 Craig Burden, 17 Tendai Mtawarira, 18 Anton Bresler, 19 Jacques Botes, 20 Conrad Hoffmann, 21 Jacques-Louis Potgieter, 22 Adrian Jacobs
Afskoptyd is 08:35 in Hamilton, Nieu-Seeland.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24