Super Rugby

Wikus kaptein vir Lions katgeveg

2010-05-14 08:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.


Pieter Jordaan

Johannesburg - Wikus van Heerden sal môre, skaars twee maande sedert hy weer ’n Leeu geword het, die Lions in ’n Super14-wedstryd aanvoer.

Dié gesoute Springbok-flank neem die leisels oor by Cobus Grobbelaar wat hom weens ’n bobeenbesering aan die span moes onttrek vir die wedstryd teen die Cheetahs in Welkom.

Grobbelaar en sy vrou het vandeesweek ’n eersteling-seuntjie ryker geword, maar dit was eindelik die besering wat gaan veroorsaak dat dié strydros die eerste keer vanjaar ’n Lions-wedstryd misloop.

Daar is diegene wat glo Van Heerden moet buitendien die gereelde kaptein wees.

Dié standpunt sal in hul oë versterk word as Van Heerden die Lions môre tot ’n eerste sege in vanjaar se reeks kan aanvoer.

Hy lei boonop ’n span op die veld wat ses veranderinge toon teenoor die een wat teen die Blues verloor het.

Die interessantste van dié veranderinge is die insluiting van die 19-jarige Jaco Taute op binnesenter.

Al het hy laasjaar nog skolerugby vir die Hoërskool Monument gespeel, glo die afrigter, Dick Muir, nietemin dat die tyd ryp is om hom op ’n hoër vlak in te span.

“Ons is opgewonde om hom te sien speel en hy sal die kans wil aangryp.
“Hy is een van die spelers vir wie almal ’n blink toekoms voorspel en dit is sy kans om te wys presies hoe goed hy kan wees,” het Muir gesê.

Taute en Marius Delport is ’n splinternuwe senterpaar. Taute vervang Walter Venter en Deon van Rensburg skuif van buitesenter na vleuel in Michael Killian se plek.

Voorlangs keer Nico Luus as slot tot die beginspan terug, met Franco van der Merwe wat in Grobbelaar se afwesigheid flank speel.

Ross Geldenhuys (vaskopstut) keer ook terug en die belowende jong slot David Bulbring is die eerste keer ’n plaasvervanger.

Van Heerden het sy kans om kaptein in Grobbelaar se plek te wees as ’n groot voorreg beskryf en sê hy is baie gelukkig by die Lions sedert sy terugkeer.

“Dit is frustrerend – die goeie spelers en talent ís hier, maar nog net nie die uitslae nie.
“Maar daar is dié week baie gepraat en dit was veral bemoedigend omdat dit van die spelers se kant af gekom het.

“Almal wíl beter doen en sukses behaal,” het Van Heerden gesê. Muir glo ook dat ’n sege “geweldig baie” sal beteken. “Ons is desperaat op soek na ’n oorwinning,” sê hy.

Die Lions se span is:
Carlos Spencer, Tonderai Chavhanga, Marius Delport, Jaco Taute, Deon van Rensburg, Herkie Kruger, Jano Vermaak, Derick Minnie, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden (k), George Earle, Nico Luus, Ross Geldenhuys, Charles Emslie, JC Janse van Rensburg.

PLAASVERVANGERS: Hannes Franklin, Gert Muller, David Bulbring, Jonathan Mokuena, Jacques Coetzee, Michael Killian, Bernardo Botha.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: super14  |  cheetahs  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.