Super Rugby

White wil Giteau teruglok na Brumbies

2011-06-10 12:54
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Canberra - Die Brumbies se nuwe afrigter Jake White wil Matt Giteau teruglok na Australië sodra hy klaar is met sy 18 maande kontrak by die Franse klub Toulon.

Giteau speel sy laaste wedstryd Vrydag by die Canberra-stadion wanneer die Brumbies die Melbourne Rebels in hul voorlaaste Super Rugby-wedstryd pak.

Die losskakel sal aan die einde van die Wallabies se Wêreldbeker-veldtog in September by sy nuwe klub aansluit, ná hy vir agt jaar in Australië gespeel het.

Maar White is oortuig dat die 28-jarige Wallaby 'n terugkeer tot Super Rugby kan maak.

"Ek wens hom alles van die beste toe vir die volgende 18 maande. Maar die Brumbies sal 'n speler soos Matt altyd in hul groep wil hê. As hy wil terugkom en daar is 'n geleentheid sal ons meer as gewillig wees om 'n plan te maak," het White Vrydag aan die Herald gesê.

White was teleurgesteld dat Giteau reeds besluit het om sy tasse vir Frankryk te pak voordat hy in April as nuwe Brumbies-breier aangestel is.

Giteau het die Toulon-kontrak in Februarie geteken en gesê dat die besluit om oorsee te speel nodig was om sy rugby "vars te hou".

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24




Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.