Waratahs wil Stormers stoomroller
2010-05-19 11:35
In-diepte Verslae
Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban – Die Waratahs wil gate in die Stormers se yster-verdediging hardloop in hul Super14-halfeindstryd Saterdag op Nuweland in Kaapstad.
Dit sal 'n reuse uitdaging wees teen ‘n span wat spog met die beste verdediging in vanjaar se Super14-reeks, maar agsteman Ben Mowen dring aan dat die Australiërs dit wel kan vermag.
Mowen meen dat die fisieke aspek by die afbreekpunte baie belangrik gaan wees. “Die Stormers moet nie kans gegun word om hul verdedigingslyne op te stel nie, het dié agsteman gesê.
Die Kapenaars meen egter dat die Waratahs ‘n ander taktiek in gedagte het vir Saterdag se halfeindstryd.
“As jy nie deur of om ‘n span met die bal kan kom nie, is die enigste ander opsie om bo-oor te gaan,” het die breier van die Stormers, Allister Coetzee, aan die www.keo.za webtuiste gesê.
“Die Cheetahs het vanjaar teen ons probeer skop en die Brumbies was redelik suksesvol met die skoppe van Matt Giteau."
"Die Waratahs het Berrick Barnes, Kurtley Beale en selfs Drew Mitchell, wat takties goed kan skop en ons is bewus van hul vaardighede met die skopskoen,” het Coetzee gesê.
Dié Australiese Super14-span bestudeer ook intussen wedstrydplanne van die vier spanne wat wel die Stormers vanjaar kon klop.
Die Waratahs behoort dieselfde span, wat die Hurricanes verlede Vrydag in Sydney geklop het, vir die kragmeting teen die Stormers op die veld te stuur.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Rugbyheaven