Waratahs vang Sharks
2010-03-06 16:36
In-diepte Verslae
Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Sydney - Die Sharks het hul vierde agtereenvolgende nederlaag gely toe die Waratahs hulle met 25-21 in Sydney geklop het.
Die Waratahs is op 'n stadium deur hul eie ondersteuners uitgejou omdat hulle telkemale vir gebiedsvoordeel geskop het in plaas van om met die bal te laat loop.
Die Durbaniete kon nog net twee oorwinnings in Sydney sedert die begin van die Superrugby-toernooi behaal. Die laaste oorwinning was 26-19 in 2000.
Die Sharks moes ook vir ‘n tyd lank met net 13 spelers speel nadat Jannie du Plessis en Andy Goode met geelkaarte gestraf is.
Die Sharks speel volgende Saterdag teen die Brumbies in Canberra terwyl die Waratahs teen die Lions te staan kom.
Puntemakers:
Waratahs: Drieë: Tom Carter, Daniel Halangahu, Tatafu Polota-Nau Doelskoppe: Berrick Barnes (2) Strafskoppe: Berrick Barnes (2)
Sharks: Drieë: Adrian Jacobs, Ryan Kankowski Doelskoppe: Andy Goode Strafskoppe: Andy Goode, Ruan Pienaar Skepskop: Andy Goode
-Sport24