Super Rugby

Waratahs skrik nie vir vlugflouheid

2010-05-18 06:32
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban. – Hoewel geen Australiese rugbyspan nog in die uitkloprondes van die Super-reeks in Suid-Afrika kon seëvier nie, meen Chris Hickey, breier van die Waratahs, ’n sege is nie so vergesog nie.

Die Waratahs pak die Stormers Saterdag in Kaapstad in die halfeindstryd van die Super14-reeks en volgens Hickey sal vlugflouheid beslis nie sy span onderkry nie.

“Daar is geen geheim daaraan om hier te wen nie. Jy moet net jou reisreë­lings so goed as moontlik bestuur en ons mense weet wat hulle doen.

“Die eerste helfte van die week gaan daaroor om te herstel van die vlug en die vorige wedstryd en daarna sal ons seker twee oefensessies inwerk,” het hy Maandag hier aan AAP gesê.

Die Waratahs sal Dinsdag ’n ligte oefensessie hê, Woensdag af vat en Donderdag ’n harde sessie insit.

Die besoekers sal vandeesweek hier, weg van afleidings in die Kaap, vir die kragmeting voorberei en eers Vrydag na die Moederstad koers kies.

Hoewel baie meen die Waratahs en Crusaders, wat teen die Bulls in Soweto in die ander halfeindstryd speel, se reisreëlings sal ’n invloed op die uitslag hê, stem Hickey nie saam nie.

“Dis beslis ’n lang vlug. Jy reis sowat 20 uur van die een hotel tot die volgende. So dis lekker om dit agter ons te sit.

“Dis nooit ideaal nie, maar ons het dit al ’n paar keer gedoen en raak elke keer beter met die bestuur daarvan.”

Hickey sê Durban is as basis gekies sodat sy spelers se aandag nie onnodig afgetrek word nie.

“Ek dink dis beter om hier en nie in Kaapstad voor te berei. Dis bietjie stiller.”

Hy meen sy span sal ’n groot kans staan as hy fisiek en sielkundig oorgehaal is vir die wedstryd.

Volgens hom is ’n tuis-eindstryd vir die Tahs ook nie buite rekening nie.

“As die Crusaders die Bulls klop en ons wen, sal dit ideaal wees.”

Intussen het die Waratahs ’n hupstoot gekry nadat die Wallaby-haker Adam Freier van ’n dyspierbesering herstel en saam met sy spanmaats gereis het.

Volgenswww.smh.com.au het Freier, wat as plaasvervanger kans sal kry as Damien Fitzpatrick nie van ’n kniebesering herstel nie, vanjaar weens beserings slegs een Super14-wedstryd gespeel.

-newsnow.co.uk

-Sport24

Lees meer oor: super14  |  waratahs

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.