Super Rugby

Waratahs ‘nou veel beter span’

2010-05-17 10:35
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force was te sterk teen die Lions tydens hul Vodacom Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Kurtley Beale se briljantheid op heelagter en aanpassing by die nuwe vertolking van die reëls maak van die Waratahs ’n aansienlik beter rugbyspan as die een wat vroeër vanjaar op Nuweland verloor het.

Dít was die waarskuwing van die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, aan sy spelers nadat sy span ’n tuishalfeindstryd teen die Aussies losgeslaan het deur die Bulls Saterdag op Nuweland met 38-10 te klop.

Die Stormers en die Waratahs het in die tweede week van vanjaar se Super14-rugbyreeks laas ontmoet, met die Kapenaars wat met 27-6 baas was.

Dit was die Waratahs se grootste nederlaag in vanjaar se reeks.

Beale het daardie dag binnesenter gespeel, maar het die Waratahs se laaste sewe wedstryde in die nr.?15-trui begin.

Hy het in sy laaste drie wedstryde vier drieë gedruk, insluitend twee in die naweek se oorwinning van 32-16 oor die Hurricanes.

“Die Waratahs het baie verbeter en met die sege die naweek gewys hoe goed hulle is. Hulle het ’n groot pak en in ­Beale ’n speler wie se spelpeil besonder goed is,” sê Coetzee.

“Ons het die Waratahs in die derde ronde seergemaak, maar hul losvoorspelers het toe nog nie by die nuwe vertolking van die reëls aangepas nie.

“Dit gaan ’n ander Waratahs-span wees en ons taak is om toe te sien dat die spelers met dieselfde fisieke intensiteit speel as die naweek teen die Bulls.”

Die Waratahs gaan die beduidende nadeel van vlugflouheid hê. Hulle het gisteroggend uit Sydney vertrek.

’n Liplekker Suid-Afrikaanse eindstryd wag op 29 Mei as die Stormers en die Bulls vandeesweek wen, maar Coetzee wil sy span se fokus op die volgende taak hou.

“Ons benadering is dat dit elke week ’n eindstryd is.

“Die spelers besef dis ’n wrede reeks. Jy kan nie jou konsentrasie laat glip en te ver in die toekoms in kyk nie,” sê hy.

“Die spelers moet hul klein doelwitte op die veld bereik.

“Matt Proudfoot (voorspeler-afrigter) moet seker maak die skrums verloop goed, sou Benn Robinson en Al Baxter (Wallaby-stutte) vir die Waratahs speel.”

Lees meer oor: waratahs  |  stomrers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Bloubul1945 sê... Johan, hoekom sou jy wou weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.